Maroela Media se 10 gewildste Taaltoffies vir 2020

Hierdie 10 artikels is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media se Toetentaal-afdeling.

  1. Johan Badenhorst van ‘Voetspore’: ‘Hoe verder jy gaan, hoe meer wil jy reis’

ʼn Mens sou kon dink dat Johan Badenhorst se soeke na avontuur al ʼn versadigingspunt bereik het. Hy is immers die man wat meer as 250 000 km afgelê en sowat 40 Afrikalande besoek het. Allermins!

Johan Badenhorst (Foto: Voetspore/Facebook)

  1. Zwarrie-onnies: ‘Almal het ʼn storie om te vertel’

Vyf Afrikaans-onderwysers van Hoërskool Zwartkop in Pretoria het besluit dat hulle talente nie langer in ʼn lessenaar se laai weggesteek kan word nie.

Juffrouens Yolandi du Plessis, Erika de Jager, Eleonor van den Heever, Tharien Groenewald en Lira Beukes (Foto: Verskaf)

  1. Pa wil hoop gee ná tragedie

Op daardie dag, 5 April 2003, het Stefan uitgesien na tyd saam met sy seun, min wetend dat ʼn fratsongeluk later tot sy dood sou lei.

Stefan Lessing, skrywer van ‘Lig deur die krake’ (Foto: Verskaf)

  1. Fanie Viljoen: ‘Dit gaan mense soos ʼn vuishou in die donker tref’

Viljoen is opgewonde oor sy jongste boek wat volgens hom ʼn eerste in Afrikaans is.

Fanie Viljoen (Foto: Christa Steyn/Maroela Media)

  1. Boek-uittreksel: Mia – ‘n Ma se storie van verlies en hoop

’n Motorongeluk tydens ’n gewone gesinsvakansie verander die Robbertsgesin se lewe dramaties.

  1. Boekresensie: Huis van gruwels

Huis van gruwels: My 16 jaar in die Springs-hel skok jou stil. Die boek lees soos ’n riller wat jou wind uitslaan. Mens sukkel om te glo dat dit ’n ware verhaal is en nie grieselrige fiksie nie.

  1. Hans du Plessis gesels oor ‘Die opstand van Poppie Nel’

Hans du Plessis se jongste roman, Die opstand van Poppie Nel, is gegrond op die aangrypende verhaal van ʼn weerlose meisie wat jare lank deur ʼn sleutelfiguur in haar lewe gemanipuleer en verneder is.

Prof. Hans du Plessis. (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

  1. Hofmeyr sluit Sluiper-reeks af

Steve Hofmeyr se jongste spanningsroman, Die kwesbares, die derde boek in sy Sluiper-reeks, is onlangs bekendgestel. In 2017 het Die onaantasbares verskyn waarna Die Lucky Strike in 2018 gevolg het.

Steve Hofmeyr (Foto: Joanne Olivier Photography)

  1. Lees ’n uittreksel uit ‘Maggie: My lewe in die kamp’

Maggie Jooste was ʼn Afrikaner tienermeisie tydens die Anglo-Boereoorlog. Sy en haar vyf jonger broers en susters is in konsentrasiekampe in Natal aangehou.

(Foto: Verskaf.)

  1. ‘Ek word afgepers ná ’n buite-egtelike kuberverhouding’

Sy gereelde besoek aan sy gunsteling-internettoepassing lei hom vanaand na ’n geselsie met ’n onbekende blonde vrou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.