Maroela Media se 10 gewildste Taaltoffies vir 2021

Hierdie 10 artikels is in 2021 die meeste gelees op Maroela Media se Toetentaal-afdeling.

  1. Ilse Salzwedel floreer

Sy het genoeg tragedies in haar lewe beleef om die meeste van ons te knak. Maar Ilse Salzwedel, bekende joernalis, skrywer van onder meer die topverkoper Bloedsusters en aanbieder van die gewilde RSG-program Skrywers en Boeke, het besluit om te floreer, eerder as om te krepeer.

Ilse Salzwedel is die skrywer. (Foto: Verskaf)

  1. Voormalige ekonoom deel kaalkopwaarheid oor AHi

Tom Moodie, voormalige ekonoom van Saambou Nasionale Bouvereniging en skrywer van Die Saambou Debakel, se boek oor die Afrikaanse Handelsinstituut (AHi) is in samewerking met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) by die Voortrekkermonument in Pretoria bekendgestel.

Tom Moodie gesels met Theuns Eloff oor sy boek ‘AHi: Die Afrikaanse Handelsinstituut’ wat pas verskyn het. (Foto: Verskaf)

  1. Luister: Jou denke oor geld kan jou rykdom beïnvloed

Het jy al ooit gewonder waarom sommige mense maklik geld in rykdom omskep, terwyl ander mense altyd finansieel sukkel?

V.l.n.r. is die skrywers van die boek “Rich Brain Poor Brain”: Wouter Snyman, dr. Kobus Neethling en dr. Raché Rutherford saam met Hykie Berg by die bekenstelling van die boek. (Foto: Facebook)

  1. Breinvirus laat dogter gestrem, ma vertel

Juliana Coetzer, ʼn psigoterapeut, skrywer en ma van drie, het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesels oor die brutale eerlikheid waarmee sy haar en haar gesin se pad saam met hul gestremde dogter vertel.

Juliana Coetzer is ‘n n psigoterapeut en skrywer. (Foto: jonathanball.bookslive.co.za)

  1. Madelein gryp die lewe ten spyte van beenkanker aan

Madelein Rust, spanningskrywer, het ses jaar gelede die nuus gekry dat sy beenkanker het. Sy het egter nie gaan lê nie; inteendeel.

Die skrywer Madelein Rust het met Maroela Media gesels. (Foto: Verskaf)

  1. Ina Bonnette se verhaal van genade, genesing

Hier volg ʼn uittreksel uit Ina, ’n verhaal van genade en genesing deur Ina Bonnette.

  1. ‘My oorlog teen ADHD’

Hier volg ʼn uittreksel uit My stryd met ADHD – Die onsigbare oorlog deur Hykie Berg.

Hykie Berg (Foto: Hykie Berg/Facebook)

  1. Daniel Strauss: ‘Werk slimmer, nie harder’

Vir Daniel Strauss, plat op die aarde as sakeman en met die bloed van ʼn plaaskind wat deur sy are bruis, is dit nog altyd belangrik om die mens te wees wat ander kan help om ook hulle volle potensiaal te bereik.

  1. Luister: Talle vrae steeds onbeantwoord ná Stella-moorde

Susan Cilliers, skrywer van Die Stella-moorde, het met Maroela Media gesels oor die trauma van Stella se boeregemeenskap, vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord gebly het en haar gesprekke met Xander en die slagoffers se gesinne.

Xander Bylsma in die hof in Februarie 2019. Skuins agter hom sit Rianette Engelbrecht, Marna se ma. (Foto: Mia Spies/eNuus)

  1. ʼn Afrikaanse brief uit Skotland

Greg Senior, van Skotland, het ʼn jaar gelede begin om Afrikaans te leer. Hy het spesiaal ʼn brief aan Maroela Media se lesers geskryf. Sy brief word gepubliseer net soos hy dit aan ons gestuur het.

Greg Senior (Foto verskaf)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.