Hierdie 10 artikels is in 2021 die meeste gelees op Maroela Media se Toetentaal-afdeling.
Sy het genoeg tragedies in haar lewe beleef om die meeste van ons te knak. Maar Ilse Salzwedel, bekende joernalis, skrywer van onder meer die topverkoper Bloedsusters en aanbieder van die gewilde RSG-program Skrywers en Boeke, het besluit om te floreer, eerder as om te krepeer.
Tom Moodie, voormalige ekonoom van Saambou Nasionale Bouvereniging en skrywer van Die Saambou Debakel, se boek oor die Afrikaanse Handelsinstituut (AHi) is in samewerking met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) by die Voortrekkermonument in Pretoria bekendgestel.

Tom Moodie gesels met Theuns Eloff oor sy boek ‘AHi: Die Afrikaanse Handelsinstituut’ wat pas verskyn het. (Foto: Verskaf)
Het jy al ooit gewonder waarom sommige mense maklik geld in rykdom omskep, terwyl ander mense altyd finansieel sukkel?

V.l.n.r. is die skrywers van die boek “Rich Brain Poor Brain”: Wouter Snyman, dr. Kobus Neethling en dr. Raché Rutherford saam met Hykie Berg by die bekenstelling van die boek. (Foto: Facebook)
Juliana Coetzer, ʼn psigoterapeut, skrywer en ma van drie, het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesels oor die brutale eerlikheid waarmee sy haar en haar gesin se pad saam met hul gestremde dogter vertel.
Madelein Rust, spanningskrywer, het ses jaar gelede die nuus gekry dat sy beenkanker het. Sy het egter nie gaan lê nie; inteendeel.
Hier volg ʼn uittreksel uit Ina, ’n verhaal van genade en genesing deur Ina Bonnette.

Hier volg ʼn uittreksel uit My stryd met ADHD – Die onsigbare oorlog deur Hykie Berg.
Vir Daniel Strauss, plat op die aarde as sakeman en met die bloed van ʼn plaaskind wat deur sy are bruis, is dit nog altyd belangrik om die mens te wees wat ander kan help om ook hulle volle potensiaal te bereik.

Susan Cilliers, skrywer van Die Stella-moorde, het met Maroela Media gesels oor die trauma van Stella se boeregemeenskap, vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord gebly het en haar gesprekke met Xander en die slagoffers se gesinne.

Xander Bylsma in die hof in Februarie 2019. Skuins agter hom sit Rianette Engelbrecht, Marna se ma. (Foto: Mia Spies/eNuus)
Greg Senior, van Skotland, het ʼn jaar gelede begin om Afrikaans te leer. Hy het spesiaal ʼn brief aan Maroela Media se lesers geskryf. Sy brief word gepubliseer net soos hy dit aan ons gestuur het.