Maroela Media se gewildste taaltoffies vir 2017

In Maroela Media se “Toetentaal”-kategorie publiseer ons gedigte, idiome en uitdrukkings, interessante woorde en boeke.

Hier is die stories wat vanjaar die meeste in dié kategorie gelees is.

10. Tel jou woorde – Die juffrou wil ʼn antwoord hê

So word ek een aand laat deur ʼn bitter knorrige ma gekonfronteer met “Wat is die versamelnaam vir skilpaaie?” Ek soek. Ek vra kollegas. Almal grawe in obskure bronne en boeke waarvan die blaaie vol bruin spikkels is. Nee, niks … skryf Sophia Kapp. Lees meer.

Argieffoto (Foto: Activedia, Pixabay)

9. Uittreksel: Die aand toe die engele hul hande vol gehad het

“Toe, net toe ons die boot aan die gang het, voel dit of ʼn trein in ons vas jaag. Die water het reg in ons gesigte vasgeslaan soos naalde. Ek kon nie glo hoe vinnig die weer verander het nie; ons het geweet dit gaan ʼn stryd wees, maar tot op daardie oomblik het ek nooit gedink ons gaan dit dalk nie oorleef nie…” Lees meer.

Attie Gunter, Leon Pretorius en Quentin Denier by die Queenie Paine. Foto: Andrew Ingram/Sea Rescue

8. Gedig: Muskietejag

“Jou vabond, wag, ek sal jou kry, van jou sal net ʼn bloedkol bly” AD Keet se gedig, “Muskietejag” Lees die gedig.

Argieffoto

7. Idioomgrappe

“As geld werklik aan bome gegroei het, sou talle mense meermale hoog in die takke gewees het.” Lees nog ʼn paar idioomgrappe.

Argieffoto

6. Gedig: Huiskat

Die kat strek hoog op vier strak bene, buig behaaglik om haar luiperdlies te lek, rol om en lê fluwelig oopgevlek dat keel en bors en buik die son kan suig… Lees Elisabeth Eybers se gedig.

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

5. Taaltoffie: Miljarde, biljoene, en triljoene

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die gebruik van miljard vir die Engelse “billion” en is dan verward wanneer ekstra nulle bygevoeg word. Lees meer.

spaarvarkie-spaar

Leer jou kinders sommer vroeg speel-speel van spaar. Foto: Skitterphoto/Pixabay.com

4. Maroela gesels met Suid-Afrika se hekelkoningin

Almal – oud en jonk – is tans oor die wêreld heen aan die hekel. En oraloor maak die alombekende oumablokkie weer sy verskyning. Lees meer.

Hekelwerk deur Karen Adendorff (Foto: A HankiDori Day – Karen se blog by https://ahankidoridayblog.wordpress.com/2016/04/

3. Boek: Die De Zalze-moorde

Julian Jansen, skrywer en bekroonde ondersoekende joernalis, se boek oor die Van Breda-gesin se moorde op die De Zalze-landgoed buite Stellenbosch. Lees meer.

Die-de-zalze-moorde

2. Gedig: Ek het ʼn huisie by die see

“Ek het ʼn huisie by die see. Dis nag…” HA Fagan se gedig, “Ek het ʼn huisie by die see” Lees die gedig.

Argieffoto

1. Gedig: êrens is jy

“hier waar ek nou skrywe weet ek dat jy êrens is, dat jy ook nou lê onder die oop venster en uitkyk na die donsige maan op die werf” Antjie Krog se gedig, “êrens is jy” Lees meer.

hart-en-blare

Foto: Pixabay/Pexels.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.