Microsoft stel Afrikaanse vertaaldiens bekend

prof-Gerhard-van-Huyssteen-Viva

Prof. Gerhard van Huyssteen. Foto: Dagbreek/Youtube.com

Microsoft het vandeesweek aangekondig dat dié reus ook nou Afrikaanse vertaaldienste aan verbruikers bied.

Prof. Gerhard van Huyssteen, skepper van die Virtuele Instituut vir Afrikaans, het vertel dié diens is nóg ʼn groot tree vir Afrikaans.

“Dit maak Afrikaans onmiddellik baie meer toeganklik vir almal. Mense kan Microsoft nou tipies gebruik om teks ook met dié vertaler na Afrikaans te vertaal. Ek dink ook dit maak masjienvertaling in Suid-Afrika meer prominent,” het hy vertel.

Van Huyssteen meen ook dié diens sê iets vir die behoud van Afrikaans. “Ek sê nog altyd ʼn taal wat tegnologies saampraat, kan aan die lewe bly. Dit is beslis ʼn positiewe verwikkeling.”

Gebruikers moet egter nie die woordeboek ver wegbêre nie. Hy waarsku só ʼn diens kan gevaarlik wees. “Die vertaaldiens is gevaarlik, omdat enige vertaling wat nie beheer word deur ʼn praktisyn wat die taal magtig is nie, dit op ʼn begripswyse vertaal en die eindproduk dan nie heeltemal korrekte Afrikaans nie,” het hy verduidelik.

“Masjienvertaling in die hande van ʼn leek is byna so gevaarlik soos ʼn Bybel in die hand van dieselfde persoon.”

Van Huyssteen sê mense moet onthou dat masjienvertaling grootliks vir begrip is. “Wanneer ek ʼn artikel in ʼn taal soos Frans sien wat ek nie magtig is nie, is masjienvertaling goed. Maar wanneer daardie masjienvertaling iets wys waarin ek belangstel, moet ek dit na ʼn praktisyn stuur wat die taal magtig is,” het hy bygevoeg.

Hy sê ook dit is dalk ʼn teken vir ander vertalers, soos die Noordwes-Universiteit se oopbronkodediens, Autshomato, en vertalers soos Google Translate, om hul sokkies op te trek. “Ek hou van kompetisie omdat dit ander mense herinner om nie te rus nie, maar hul sokkies op te trek en voor te bly.”

Besoek Microsoft se webwerf.

Hou in gedagte dat jy moontlik eers die jongste weergawe van Microsoft sal moet aflaai om sodoende toegang tot die diens te verkry. Die vertaalopsie is onder “Review” beskikbaar. Die diens werk op dieselfde wyse as vertalers soos Google Translate – selekteer die teks wat jy wil vertaal, en kies die vertaalopsie onder “Review”. Die teks sal dan in Afrikaans vertaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Carl Jordaan ·

Ja wees versigtig, daar was al die Engelse vertaling toe die destydse Duitse kanselier Herr Kohl, Mister Cabbage geword het.

Johann ·

Aan Prof en Microsoft: Julle sal NOOIT Afrikaans reg kan vertaal deur ‘n rekenaar te gebruik nie!
Eet daai appel!

JC ·

Oulik!! Nog ‘n groot tree vir Afrikaans, te midde van al die ongeregverdigde aanvalle op ons Liefling!

Sarel Strydom ·

Direkte vertalings kan soms kostelik wees en die lagspiere prikkel. Laat my dink aan ‘n tyd toe dit ‘n status onder Afrikaners was. Sypaadie het Pavement(net so uitgesreek) geword. Roltrappe was Eskalators ens. gelukkig lanklaas gehoor dat iemand dit gebruik.

Herman ·

Dit is wonderlik! My tablet, skootrekenaar en selfs Facebook is Afrikaans. Die vertalings is soms skreeusnaaks maar ek is bly daar is ontwikkeling op tegnologiese gebied.

wagbietjie ·

‘Mikrosag’ helpers..moet net oppas vir daardie met gr.4 lees en spel vaardigheid.

Emile ·

Dis baie interessant dat Google so twee jaar gelede Afrikaanse “adsenese” advertensies gestaak het n.a.v. ‘n klagte oor praag wat inkomste daaruit verdien. Google se “regverdiging” was dat Afrikaans naby genoeg aan Nederlands is en dus nie regverdiging vir Afrikaanse adsense is nie. Baie ironies want met 8miljoen Afrikaanse moedertaalsprekers is dit aansienlik meer as bv Fins (5.4 milj), Slovaaks (5.2milj); Latvies (1.75milj) e.a. wat almal tale is wat deur Google se adsense ondersteun word.

Google se argument dat Afrikaans en Nederlands naby genoeg aan mekaar is, is om verskeie redes sinneloos want Nederlandse produkte gaan weining ondersteuning hier kry o.a. agv die swak wisselkoers. ‘n Argument wat teen Google se besluit gemaak kan word is dat rassisties is omdat meera s 50% Afrikaanssprekendes nie wit is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.