Moedertaal: Gr. 12 toppresteerders aangewys

Moedertaal

Voor van links na regs: Hazel Baloy (Xitsonga), Mbele Mbali (Sesotho), Chabalala Evelyn Lebogang (Sepedi). Agter: Benette Thaba Mkabe (XiTsonga), Mmapaseka Dibetso (Setswana), Grethe Maritz (Afrikaans) en Sakkie Kotze (ATKV) Foto: Verskaf

Verskeie gr. 12 leerders wat as toppresteerders in hul moedertaal aangewys is, het die Centurion-tak van die ATKV se gelukwensgeselligheid Saterdag (20 Februarie) in die Ou Raadsaal op Kerkplein in Pretoria bygewoon.

Sakkie Kotze, lid van die ATKV-direksie, het dié leerders aangemoedig om hul moedertaal nie net tuis nie, maar ook op straat en in die openbare lewe met trots te praat en te skryf. Hy het hulle ook aangespoor om verdere navorsing oor die herkoms, geskiedenis, uniekheid en trots van hul moedertaal te doen. “Ons moedertaal is ons trots, daarom is ons ook trots op jou moedertaal.”

Hy het ook ʼn spesiale beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om ʼn derde inheemse taal of meer aan te leer. “In Suid-Afrika met sy verskeidenheid taal- en kultuurgroepe sal dit beter begrip, verstaan, respek en ondersteuning vir mekaar, bevorder,” het hy gesê.

Die leerders wat as toppresteerders aangewys is:

Afrikaans
Nasionale en provinsiale toppresteerder van Mpumalanga: Grethe Maritz van HTS Middelburg.

Ndebele
Provinsiale toppresteerder van Gauteng: Sophie Mahlangu van Mahlenga Secondary School.

Sepedi
Nasionaal derde en provinsiale toppresteerder van Limpopo: Chabalala Evelyn Lebogang van Bakenberg High.

Sesotho
Nasionaal tweede en provinsiale toppresteerder van Gauteng: Mbele Mbali van Beverley Hills School.

Setswana
Nasionale en provinsiale toppresteerder van Noordwes: Mmapaseka Dibetso van Malatse Motsepe High.

Xitsonga
Nasionale en provinsiale toppresteerder van Limpopo: Hazel Baloyi van Nyanisi Secondary.
Provinsiale toppresteerder van Gauteng: Benette Thabe Mkabe van Maisisebenze Comprehensive School, Tembisa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anna-Marie Evans ·

Eerstens;
Is daar geen toppresteerders in die ander erkende moedertale wat nie deur die ses gelukkiges op hierdie foto verteenwoordig word nie?
Tweedens
Is daar geen seun in SA wat in sy moedertaal uitgeblink het as ‘n toppresteerder nie?

Zani Jooste ·

Vervang LO met verpligte derde inheemse taal, wat ten minste volwaardig erken sal word by universiteite as toelatingsvereiste. Dit tel dan ook vir die berekening van die TPT punt. Dit is dan ook nuttig om beter menseverhoudings te bewerkstellig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.