Motor van die jaar-finaliste aangekondig

motor van die jaar 2Die name van nege finaliste in Suid-Afrika se luisterryke Motor van die Jaar-kompetisie vir 2014 is Saterdagmiddag by die Johannesburgse Internasionale Motorskou bekend gemaak.

Die finaliste, in alfabetiese volgorde, is:

Audi A3 Sportback 1.4T FSI handrat
Jaguar F-Type 3.0 V6 S
Lexus IS 350 F-Sport
Mercedes-Benz A45 AMG
Peugeot 208 GTi
Porsche Cayman S
Renault Clio4 66 kW Turbo Dynamique
Volkswagen Golf 7 1.4 TSi 90 kW Comfortline DSG
Volvo V40 D3 Geartronic Excel

Die twee toetsdae begin in Januarie 2014 en sal, benewens evaluering op gewone paaie, ook spesifieke evaluering by Gerotek, wes van Pretoria, insluit.

Faktore wat oorweeg word, sluit in bougehalte, brandstofverbruik, veiligheid, waarde vir geld, benewens verskeie ander aspekte soos die koste van vervangingsonderdele.

Die wenner word in Februarie tydens ‘n galadinee aangekondig.

Suid-Afrika se Motor van die Jaar-kompetisie is ‘n gesamentlike projek deur Wesbank en die SA Motorskrywersgilde.

Dertig senior motorjoernaliste, onder wie Maroela Media se motorskrywer, is as jurielede verantwoordelik vir die evaluering van die nege finaliste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

George ·

Waar is die Koreane?
Niemand gaan my vertel dat daar nie een van hulle voertuie op die lys is nie.
‘n Bietjie vooroordeel klink dit my?

TJ Ferreira ·

Waarom die klagte oor die Koreane? Hierdie is n motor van die jaar skou en dit gaan sekerlik nie oor nasies nie, maar oor die motors.

Indien jy kla oor die Koreane, dan mag ander seker kla omdat die Chinese nie daar is nie en dan nog die Aussies ook. Waar’s die Holden?

Komaan mense, moenie omdat jy n Hyundai of Kia ry, ontstel wees nie, ons neem jou nie kwalik nie, geniet die karretjie, maar hou op kla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.