My Afrikaanse storie – deur Catherine Grobbelaar

Foto: www.kknk.co.za

Hierdie storie word geplaas net soos ons hom van Catherine Grobbelaar ontvang het. Ons het geen veranderinge aangebring nie. – Red.

Ek is Engels spreekend.

Dit klink nie soos die regte “opening line” van ‘n storie getiteled My Afrikaanse Storie nie, maar dis waar. Ek is gebore Catherine Belaieff in Helsinki Finland in 1962 aan ‘n Russian Pa en ‘n Engelse Ma. My Pa was ‘n bestuurder vir Sabena Airlines en ons het in 1964 na Port Elizabeth toe getrek. Daar het ons as Engelse familie ge-operate. Engels gepraat, Engelse vriende en Engels skool gegaan. Op koshuis ontmoet ek ‘n Afrikaanse vriendin en met verbaas vra ek haar “do you speak Afrikaans at home, all the time?” Afrikaans op skool was ‘n stryd, gelukkig het René (Afrikaanse vriendin) al die voorgeskrewe boeke vir my gelees en die opsommings gemaak. Ek is net-net deur.

Na skool was Afrikaans nie weer nodig nie so dit was met skok dat ons besef het dat die outjie met wie ek in 1983 getrou het Afrikaans was. Sy ouers en my Ma kon glad nie lekker gekommunikeer nie en ek het hom baie gou laat verstaan dat in my huis word daar net Engels gepraat. En so was dit so. Ek het daardie mannetjie so verengels dat hy tot vandag toe nie meer ordentlike Afrikaans kan praat nie. Maar ons paatjies het geskei en ek het ‘n verdere twee jaar op my eie in die Kaap gebly waar Afrikaans weer glad nie nodig was nie.

Die moeilikheid het begin toe ek voorgestel is aan ene Jan, 32 jaar oud en ‘n oujongkêrel van die plattelandse dorpie Wolseley in die Wes Kaap. Ons het in twee tale begin vry. Ek kon nie Afrikaans gepraat het nie en hy kon nie Engels praat nie. Hy was ook glad nie, op 32 jaar oud, van plan om te begin nie. So raak die vryery ernstig en ek kry ‘n verplasing in die bank na die Ceres tak toe. Hier word daar nie veel Engels gepraat nie maar ek kan hulle nou al verstaan en “reply” nog in Engels.

Ek erf toe natuurlik Jan se bestaande Wolseley vriendkring en daar word weereens nie veel Engels gepraat nie. 1993 trou ek en hy en in 1995 kry ons ‘n lekker vet seuntjie, Jandré. Dis doop in die NG Kerk, kleuterskool, laerskool, huiswerk, sport en al die dinge wat gepaard gaan met familie, vriende en kinders, alles in Afrikaans. Ek het nie ‘n kat se kans gehad nie. Ek moes leer Afrikaans praat.

My Afrikaans lees en skryf is tot vandag toe nog ‘n bietjie “shaky” en my Afrikaans praat is gepeper met Engelse woorde maar volgens die jonger kinders is dit nogal deesdae baie “cool”.

Ek word nogsteeds voorgestel as die “Engelse vriendin” maar sal ek dit anders verkies? Nooit. Die vriendskappe, die gemeenskap, my Afrikaanse omstandighede veruil ek vir niks en niemand nie.

Afrikaans is ook MY taal.

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers, Toetentaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Fanus Johnson ·

‘n Goue sterretjie vir jou probeerslag Cathy.

Jy sit nou met ‘n Afrikaanse Van terwyl ek net die teenoorgestelde het. Mense slaan dadelik oor na Engels wanneer ek my van noem. EK is ook al gekomplimenteer met my Afrikaanse uitspraak. Die eintlike kompliment is dat my Engels darem nie te vrot is as ander mense verbaas is dat ek eintlik Afrikaanssprekend is nie, nogal !

Groete uit Petoorsdorp !

Jan Joubert ·

Baie goeie verhaal,jy het iets om op baie trots te wees.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.