Lesersbrief: ʼn Afrikaanse brief uit Skotland

Greg Senior (Foto verskaf)

Greg Senior, van Skotland, het ʼn jaar gelede begin om Afrikaans te leer. Hy het spesiaal ʼn brief aan Maroela Media se lesers geskryf. Sy brief word gepubliseer net soos hy dit aan ons gestuur het. Die brief is nie geredigeer of teksversorg nie. -Red

Die restaurant in Marokko was snikwarm en hierdie Skotse seun was nie vir die warm weer gemaak nie. Ondanks dat my liggaam was besig om te kook, het ek probeer om ‘n gesprek met my mede reisigers te begin. Ek het, met onsekerheid, “hoe gaan dit” in ‘n vreeslike swak Duits gevra. Dit was ‘n aangename verrassing vir die reisigers langs die tafel en hulle was bly dat iemand het uiteindelik die stilte verbreek. Na die aanvanklike voorstellings het die gesprek voortgegaan na onderwerpe wat ʼn bietjie ingewikkelder was. Ek was heeltemal verlore. ʼn Beleefde glimlag en ‘n kopknik was al wat ek in staat was om aan te bied. Ses jare as ʼn Duitse student en niks om daarvoor te wys nie. Dit was duidelik dat taal leer nie vir my was nie.

Later in die aand ek het uitgeput na die hotelkamer teruggekeer. Ek hou van lees en geskiedenis, daarom het my vakansieboek oor die Tweede Boereoorlog gehandel. Hierdie oorlog was nie een waarvan ek het baie geweet nie, behalwe dat ‘Dutch farmers’ het die Britte ‘n bloedneus gegee. Na die eerste paar hoofstukke was ʼn belangstelling in die Boere geskep, maar na die laaste hoofstuk ʼn sterk respek. Miskien was die rede eksotiese plekname soos Helpmekaar en Bloemfontein. Of miskien dit was die feit dat ‘n klein volkie het vir drie jare teen die grootste moondheid in die wereld uitgehou. Terug in Skotland ek het alles oor die Afrikaners opgeëet – Jan van Riebeek, Die Groot Trek, die Twee Vryheids Oorloë en selfs Danie Botha se liedjies! Ek was so goed opgevoed dat ek het geweet die Hilux is die bakkie agter die boer (of so sê die advertensies).

Uiteindelik, na baie gebede en leiding deur Die Here, ek het in Februarie 2020 my eerste Afrikaans les gehad. My onderwyseres het met die kernwoorde en frases begin. Ek het ook vinnig geleer dat die woord ‘lekker’ in enige konteks, veral as jy nie mooi verstaan nie, jou beste vriend is. Genadiglik, ek het vordering in hierdie pragtige taal gemaak.

Ek het aanklank by die Afrikaner gevind. Ek weet hierdie is ‘n groot veralgemening, maar eerstens was Afrikaners nie bang om hul God te verheerlik nie (probeer in Skotland oor die televisie of radio oor Die Here te praat en jou loopbaan sal baie vinnig verby wees). Tweedens, Afrikaners hou van hul kultuur, taal en geskiedenis. Laastens, myns insiens, Afrikaners is plat op die aarde, hardwerkende, eerlike mense.

En nou skryf ek vir ‘n Afrikaanse publikasie. Ja, ek weet my grammatika is swak en die woorde wat ek kies so verkeerd dat ek is Die Taalkommissie se ergste nagmerrie. Maar ek is lief vir Afrikaans en ek is nuuskierig om te sien wat Die Here sal met hierdie passie doen. Oor die afgelope jaar was ek gelukkig genoeg om ongelooflike mense te ontmoet, kerkdienste by te woon en selfs die woorde in die liedjie Sarie Marais te leer! Ek weet nie wat die toekoms sal inhou nie. Miskien was hierdie ‘vermoë’ (en die gebruik van aanhalingtekens is doelbewus) net ‘n stokperdjie tydens die lockdown en die donker Skotse winter. Of miskien, soos ek hoop, iets groter op pad is en kan Afrikaans kan gebruik om Die Here te eer.

– Greg Senior

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Afrikaans, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Paul ·

Pragtig, Greg!
Dankie dat jy moeite doen om Afrikaans te leer, dit was lekker om jou brief te lees!

Anne-Marie ·

‘n Man so na my boere hart… ek is trots op jou !!!!

Aikie ·

Greg kan maar ‘n pluimpie kry vir sy Afrikaans. As ek net dink aan die “horribale” taalgebruik en spelling wat ek al in Afrikaners se briewe gesien het, kan hulle maar by hom gaan kers opsteek. Tien uit tien Greg! Dit was’ n uithaler brief!

Fritz ·

Stem saam. Dis mos deesdae “awesome” en “amazing” om die huisnommer voor die straatnaam te skryf.

Gert K ·

Greg Senior, jy verdien ‘n Bell’s ou maat! Jy moet beslis vir ons kom kuier in Suid-Afrika!!

Con ·

Greg, die feit dat jy ‘n Christen is en dat jy jou deur die Here laat lei, sê vir my dat Hy spesiale planne met jou het. Hoekom sou Hy jou anders Afrikaans en die Boere se geskiedenis laat leer?

Ek hoop jy het reeds jou goedjies begin pak, want my persoonlike mening is dat jy binnekort ‘n lang reis gaan onderneem – na die suidpunt van Afrika. Geen donker winters meer vir jou nie!

Greg ·

Lekker Con! Die Skotse winters is nie aangenaam nie – die weer in Suid Afrika is my tipe klimaat.

Therese ·

Greg is ‘n held vir enige “Taalkommissie”.
Dankie vir ‘n pragtige brief aan Afrikaners uit Skotland.
Nou moet hy nog net leer ‘Vrystaat!’ skree wanneer die Cheetahs op die veld draf.
Doen so voort!

Greg ·

Baie dankie Therese. Ek sal maak seker ek vir die Cheetahs skree en nie die Bulle nie!

James ·

Pragtig! Gee die man n hele kas van die beste Famous Grouse whiskey!

Jan ·

Vergewe my, maar hierdie is vir seker ‘n senior brief. Kom woon asb. in S.A. Ons het jou soort nodig. Dalk is jy nog ongetroud? Ek kan jou van een ding verseker. Jy kry nie beter as ‘n boerenooientjie nie.

Greg ·

Baie dankie Jan. Ja, miskien Skotsman Soek ‘n Vrou in plaas van Boer Soek ‘n Vrou?!

Kirst ·

Greg
Ek het trane in my oë gekry toe ek lees dat die aanleer van Afrikaans vir jou ‘n saak van gebed was en dat jy getuig dat jy leiding van die Here ontvang het. Natuurlik is dit vir my as Afrikaner ‘n riem onder die hart dat ‘n Skotsman Afrikaans wil (en kon) leer. Wat my egter die diepste geraak het, is dat jy ‘n Christen is. Ek was al in Skotland, en weet dat dit soos die grootste deel van Wes-Europa ‘n baie sekulêre land geword het. Ek het gesien hoe die pragtigste ou kerkies verkoop en in kantore omskep is. Ek glo nie nie ons besef hoe gelukkig ons is in Suid-Afrika om ons godsdiens vrylik te kan uitleef nie. Ek ervaar dit veral sedert ek in 2014 na Worcester getrek het uit Pretoria. 70% van ons plaaslike bevolking praat Afrikaans by die huis en meeste mense is openlik Christene. Dis ‘n wonderlike voorreg om my kinders hier groot te maak.

Jy moet laat weet watter tipe werk jy doen, ek is seker ons sal vir jou ‘n geleentheid kan vind hier en jy sal definitief ‘n aanwins wees.

Greg ·

Ag baie dankie vir jou mooi woorde Kirst, dit maak alles die moeite werd! Ek vir ‘n plaaslike Christene liefdadigheid organisasie werk maar as daar enige geleenthede in Suid Afrika is…

Philip ·

Greg die gevoel is wedersyds my selfoon se lui toon is Flower of Scotland met die begeleiding van die doedelsakke. M y oupa wat as jongman by die Anglo Boere Oorlog betrokke was het altyd die grootste respek vir sy vyand met die rokkies aan gehad as dappere soldate.

Greg ·

Baie dankie Philip, die doedelsakke is nie almal se koppie tee nie maar ek hou baie van die instrument – Scotland the brave is my gunsteling liedjie!

Duskolos ·

Niks fout met jou Afrikaans nie. Dis in elk geval veel beter as die meeste van ons Afrikaners se Engels!

Eend Bessinger ·

Hou so aan! Jou Afrikaans is beter as baie ander Engelse. Ek het my man, ‘n oud-Rhodesiër, moedertaal Afrikaans geleer. Hy kon nie ‘n woord verstaan toe ons ontmoet het nie. Nou loof Afrikaners sy taal! Eers as hy sê hy is nie eintlik Afrikaans nie, besef hulle hy’s nie Afrikaans gebore nie. Hy hou ook daarvan om grappies oor die taal te maak, byvoorbeeld om sekere woorde direk terug te vertaal in Engels (“burning dust” vir brandstof, ens.)

Greg ·

Baie dankie Eend, stuur groete vir jou man! Iets soortgelyk het met my Ma gebeur toe sy die woorde ‘Die Here’ gesien!

BARNEY ·

Dit is merkwaardig, daar is Afrikaasnsprekendes wat nie so goed kan skryf nie.

Carien ·

My man is n Skot en praat pragtige Afrikaans. Ons is ook in Afrikaanse kerk en Hy verstaan alles. ‘n Wate heer.

Greg ·

Baie dankie Carien! Dis gerustellend om te weet dat ek is nie die enigste Skot wat Afrikaans praat nie!

Annamarie ·

Wat ‘n inspirerende brief, Greg! Dit was so lekker om dit te lees en jou hart vir Suid-Afrikaners te voel klop. Ook so wonderlik om te hoor dat jy ‘n gelowige is. Ek lees tans saam met my kinders die biografie van David Livingstone wat soos jy ook as jong Skotsman ‘n liefde en roeping ontvang het van die Here vir die mense in Afrika. Mag die Here jou seën en lei sodat jy jou Afrikaans kan gebruik vir Sy glorie. Indien jy belangstel in penvriende wees met ons gesin sal ons graag met jou epos. Jy kan vir ons skryf by [email protected]. Vriendelike groete, Annamarie George

Piet Snot ·

Ek moet jou reghelp, Greg: “taal leer is vir jou”.
Jy al gelees vd beroemde Skotse predikante soos Andrew Murray se invloed op die Afrikaner se geloofslewe? Ons is julle Skotte baie dank verskuldig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.