‘n Taalkundige se raad vir 2012

Kry jou grammatika in orde, en alle ander dinge sal regkom:

Leef in die bedrywende vorm, nie die lydende nie: dink eerder oor wat jy láát gebeur, as wat mét jou gebeur of wat jy ander mense jou laat aandoen.

Leef in die indikatief, nie die subjunktief nie: wees eerder besig met dinge soos hulle as met hoe hulle sou kon gewees het.

Leef in die teenwoordige tyd: pak die voor die hand liggende take aan, sonder verlammende spyt oor die verlede tyd of verlammende vrees vir die toekomende tyd.

Leef in die eerste persoon: kritiseer jouself eerder as om fout met ander te vind.

Leef in die enkelvoud: heg meer waarde aan die goedkeuring deur jou eie gewete as aan die applous van die skare.

As jy agterkom jy het ʼn fout begaan, korrigeer dit so gou en so goed as wat jy kan, en gaan voort: moenie oor die fout tob, of dieselfde fout oor en oor maak nie.

As jy nie weet hoe verder nie, vra.

En as jy ʼn werkwoord wil hê om te vervroeg, kán jy nie beter vaar nie as om die werkwoord liefhê te neem… in ál sy vorme.

Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.