NB-Uitgewers en Exclusive Books vier 90 jaar van Afrikaans

Van die NB Uitgewers-boeke wat by Exclusive Books beskikbaar is

Van die NB Uitgewers-boeke wat by Exclusive Books beskikbaar is

Afrikaans vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar as amptelike taal en NB-Uitgewers en Exclusive Books neem in Oktober hande om hierdie reuse-mylpaal te vier.

As die grootste boekhandelaar in Suid-Afrika is Exclusive Books trots daarop om in die behoeftes van sy Afrikaanse mark te voldoen en in samewerking met NB-Uitgewers, die grootste algemene uitgewer in Suid-Afrika, sal van die gewildste Afrikaanse boeke vandeesmaand op die rakke wees.

Boeke wat deel sal vorm van hierdie promosie, is ou gunstelinge soos Huisgenoot Wenresepte, die immergewilde Kringe in ʼn bos, die Groot Verseboek 2008 en versamelde werke van legendariese Afrikaanse skrywers soos Ingrid Jonker en Eugène Marais.

Die kleinspan kan ook kom rondsnuffel tussen gunstelinge soos Liewe Heksie, Wielie Walie, Saartjie en Trompie. Boeke wat binnekort op die groot skerm te sien sal wees, is ook te kry – by name Marita van der Vyver se Dis koue kos, skat en Anchien Troskie se Dis ek, Anna: Die volle verhaal.

Die jongste aanbiedings van die gewilde skrywers Dana Snyman (In die blou kamp) en Deon Meyer (Die ballade van Robbie de Wee) is ook hierby ingesluit, asook Koekedoor (Erreida du Toit), Die Demokratiese Republiek van Braai (Jan Braai) en Recce: Kleinspan-operasies agter vyandelike linies. Ander boeke is die wyd bekroonde Agaat van Marlene van Niekerk en die ikoniese digter Antjie Krog se Mede-wete.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

HELE klomp op die foto is op my boekrakke en ek gaan verseker nog ander byvoeg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.