Nuwe projekbestuurder by ATR aangestel

Merlyn van der Rheede (Foto verskaf)

Merlyn van der Rheede is pas aangestel as projekbestuurder van die Afrikaanse Taalraad (ATR), met spesifieke werksaamhede in die noorde van die land.

Van der Rheede, oorspronklik van Worcester, woon die afgelope sewe jaar in Pretoria. Sy was langer as 20 jaar verbonde aan die onderwys en was ook in 2017 en 2018 die voorsitter van die Afrikaanse Raad vir Sakevroue (SACBW) se tak in Pretoria.

Sy beskik oor ʼn hoëronderwysdiploma van die voormalige Onderwyskollege Bellville, ʼn verdere diploma in onderwys met spesialisasie in e-leer van die Universiteit van Pretoria en ʼn B.Phil. in rekenaargesteunde onderrig en leer van die Universiteit Stellenbosch.

“Met haar spesifieke kundigheid en ervaring, haar onblusbare passie vir Afrikaans, haar moedertaal, en haar warm Afrikaanse hartlikheid, is Merlyn slaggereed om die ATR se operasionele voetspoor in die noorde van die land uit te brei,” het die ATR in ʼn verklaring gesê.

Die ATR bevorder Afrikaans hoofsaaklik binne die volgende vier domeine:
• Afrikaans as familietaal en onderrigtaal op skoolvlak;
• Afrikaans as taal van die tersiêre onderwys;
• Afrikaans op beleidsvlak;
• Versoening en alliansiebou.

Besoek die ATR se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Afrikaner ·

Baie geluk, ek hoop net nie sy karring dat anglisismes en Engelse leenwoorde ook ‘Afrikaans” word nie. In effek hoop ek sy is ‘n aktivis vir suiwer Afrikaans.

Afrikaner ·

Ek hoop werklik die ander etniese groepe in die land leer uit Afrikaans en stig hul eie taalrade, of moet ons als vir hul doen? Skuus dat ek negatief is, maar dis wat die regering van ons verlang, vandaar dat hulle SEB op ons afdwing, kwotas edm. As hulle by ons moet kom leer is dit mos reg so, mens help graag, maar moet nie my Taalraad en organisasie kaap om te transformeer nie, dan het hulle ander gedagtes waaroor hulle ons nie inlig nie.

IK ·

SACBW skyn die afkorting te wees vir South African Council for Business Women of so-iets, alles behalwe Afrikaanse Raad vir Vroue.

Merlyn ·

Die naam, Suid Afrikaanse Raad vir Sakevroue , is vervang met die naam: South African Council for Business Women (SACBW) . Daarom verwys ek na albei.

Afrikaner ·

Merlyn, ek kom loer gou of daar nog ander kommentare is. Vir wie is dit dan nie om kennis te neem van die taal waarin jy gebore is nie, die belangstelling vorentoe, die toekoms in. En daar sien ek jy antwoord vir IK (?). Baie duidelik is dit onnodig om jou welkom te heet.

Therese van Schalkwyk ·

Dringende besinning oor ‘n plan van aksie is nodig by die ATR, want Afrikaans het binne 25 jaar grootliks verdwyn uit lesingsale en die openbare sfeer.
Dis die harde werklikheid wat in die oë gestaar moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.