NWU-beleid: President van Tarentaal gooi stuiwer in taalbeurs

President-van-Tarentaal-2018-03

‘n Skermskoot uit die video.

Dié president, ʼn bekende en geliefde karakter van die Pukke, lewer dikwels ʼn paar gevleuelde woorde tydens die eerstejaars se oriënteringsprogram of net voor taai Varsitybeker-rugbywedstryde by die Noordwes-universiteit se Potchefstroomkampus.

Volgens die kenners is die hoofsetel van die Republiek van Tarentaal glo 10 km buite Potchefstroom op die pad tussen dié studentedorp en Johannesburg geleë, daar waar die afdraai na die Tarentaal-treinstasie is.

Die “selde onpartydige, nog altyd radikale” president het hierdie keer self die langpad na Pretoria aangedurf waar hy sy staatsrede in Maroela Media se ateljee in Centurion kom lewer het.

“Ons het gehoor die PUK mag nou nie meer Puk nie. Is die wêreld dan nou in hulle Tarentaal-eiers gepik? Die PUK kan mos nie pik, sonder om te puk nie, of pik ek nou verward?

“Dit sal maar moeilik gaan om by intervarsity te sing: ‘Kyk net hoe baie Noordwes-Universiteiters is ons hier’.”

Volgens die president is dit nou tyd vir die “pilare en pilaresse” van die republiek om die “pap dik aan te maak” en hulle stemme te lug en te toon dat hulle onbeskaamd voorstanders is van “byvoeging, verbreding en uitbouing”.

Die edel-dierbaarste amptenaar en sy kabinet het Pukke aangemoedig om onbeskroomd nee te sê vir minder maak.

Kyk gerus hier na die video om te hoor wat die president nog tydens staatsrede, of SONAR, te sê gehad het oor taal en kultuur by dié NWU in sy buurstaatjie, die RS van A:

  • Klik hier om jou stem by die mense te voeg wat nee sê vir ’n Engelse PUK.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rooiman ·

Lekker lag ek nou. As PUKstudent was sy toespraak altyd n hoogetpunt. Alhoewel baiekeer erg niksseggend, baie insiggewend. As julle verstaan wat ek bedoel…

Haan ·

“en hierdie eerstejaars, wat met n stukkie louwarm suurpap uit die drein gelok is, dink boom is n ding vir skaduwee, dink bourbons is n restaurant, en dink n door is n fraai meisie”… Of so iets. Die tradisie kom blykbaar van die tarentaal stasie af omdat die seniors in die PUK se beginjare al die eerstejaars sak en pak op die trein laat klim het, hulle tot by tarentaal gevat het, en hulle dan self moes terug sukkel.

Spikkel ·

Dankbaar dat Tarentaal ook ‘n nodige eier oor die saak gele^ het.

Lank lewe Tarentaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.