Ondersteun Afrikaans en wen R25 000

Dave Pepler, omgewingskundige en TV-aanbieder is vanjaar die beskermheer van die WAT se Borg 'n Woord-projek Foto; WAT

Dave Pepler, omgewingskundige en TV-aanbieder is vanjaar die beskermheer van die WAT se Borg ‘n Woord-projek Foto; WAT

Ondersteun Afrikaans deur enige Afrikaanse woord teen R100 per woord te borg en jy wen dalk R25 000 goedgunstiglik voorsien deur Sanlam.

Dave Pepler is die nuwe beskermheer van die Woordeboek van die Arikaanse Taal se Borg ‘n Woord-projek. Hy spoor alle Afrikaanssprekendes aan om ‘n woord te borg: “Hoekom is Afrikaans vir my kosbaar? Sonder Afrikaans met sy lieflike en aardse woorde is ek niks nie. As jy ook lief is vir Afrikaans: borg ‘n woord, borg ruim!”

Elke deelnemer ontvang ook ‘n sertifikaat van die WAT met sy naam en die woord of woorde wat by geborg het.

Borgskappe van R5 000 per woord is eksklusief en niemand anders mag daardie woorde borg nie. Steve Hofmeyr het pampoen en toeka eksklusief geborg, terwyl Tom McLachlan byvoorbeeld die volgende ouwêreldse woorde geborg het: beunhaas, bolleboos, geboefte, lyfaanbringerig en ongegeneerd.

Kry hier volledige inligting oor Borg ‘n Woord of skakel 021 887 3113 of [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.