Ons vier Moedertaaldag! Wen ʼn boekpak

Argieffoto (Foto: Victoria_Borodinova/Pixabay)

Die waarde van moedertaalonderrig kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Internasionale Moedertaaldag word wêreldwyd jaarliks op 21 Februarie gevier word om die bewustheid van taalkundige en kulturele verskeidenheid en veeltaligheid te bevorder. Die idee om ʼn internasionale Moedertaaldag te vier was ʼn inisiatief van Bangladesj (voorheen bekend as Oos-Pakistan). Taalbewegingsdag is sedert 1952 in Bangladesj herdenk toe ’n aantal studente, insluitend studente van die Universiteit van Dhaka doodgemaak is deur Pakistanse polisie in Dhaka gedurende die proteste van die Bengaalse Taalbeweging.

Unesco, die Verenigde Nasies (VN) se wêreldwyd kulturele organisasie, het op 17 November 1999 aangekondig dat Moedertaaldag jaarliks ook wêreldwyd op 21 Februarie gevier sal word en dit word sedert 2000 in lande oor die wêreld heen gevier.

Unesco se tema vir 2019 is “Inheemse tale is belangrik vir ontwikkeling, vrede en versoening”.

“Die voorreg van moedertaalonderrig gee elke Afrikaanssprekende ’n voorsprong,” sê Ingrid Erlank, redakteur Afrikaans.com. “Nie net is ons ten volle twee- of meertalig nie, maar wanneer ons ten gunste van moedertaalonderrig besluit, kan ons begrippe en vakke soos wetenskap en wiskunde soveel makliker bemeester. Die viering van jou moedertaal skep respek vir ander tale en taalgemeenskappe. Afrikaans is #onstaal en onmisbaar in moedertaalmaand.”

Die webwerf Afrikaans.com het ’n spesiale afdeling afgestaan aan moedertaalonderrig waar jy die bewese feite en antwoorde kry op al jou vrae met raad en ondersteuning sodat jy kan seker maak jy rus jou kind toe om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.

Klik hier om ʼn Moedertaalprojek-boekie af te laai wat al jou vrae beantwoord, soos:

  • Moet my kind in Engels skoolgaan om Engels te leer?
  • Is dit nie beter om my kind liewers in Engels groot te maak, sodat sy/hy Engels ordentlik kan praat nie?
  • Afrikaans op tersiêre vlak is onder druk en word nog net by enkele universiteite gebruik. Maak dit sin om my kinders na ’n Afrikaanse skool te stuur?
  • Gee ek my kind ’n voorsprong deur hom/haar in ’n Engelse klas te plaas?
  • Verwar dit my kind as hulle meer as een taal moet leer?
  • Benadeel ’n aksent my kind?
  • Is dit waar dat kinders in Engelse skole beter vaar as kinders in ander skole?

Wen

Vier saam met Maroela Media Moedertaaldag! Skryf nou in vir ons kompetisie om ʼn boekpak te wen. Sluitingsdatum vir inskrywings is 25 Februarie 2019.

Bepalings en voorwaardes

  • ʼn Wenner sal in elk van die boekpakkategorieë aangewys word.
  • Jy kan slegs een boekpak wen.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal verder gevoer word nie.
  • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.
  • Maroela Media sal die onderskeie wenners kontak en die boekpak sal per koerier na die wenner versend word.
  • Die onderskeie wenners sal op Maroela Media bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.