Opwindende geleentheid vir SA skrywers

Kunste Onberperk (Foto: Facebook)

Kunste Onberperk (Foto: Facebook)

Suid-Afrikaanse skrywers het tot 12 September geleentheid om hul voorstelle in te dien om aan Kunste Onbeperk se opwindende vertoonkas vir nuwe Afrikaanse verhoogtekste deel te neem.

Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, sê skrywers kan by die nuwe Teksmark die verhoogmatigheid van hul verhoogtekste toets en, met terugvoer van rolspelers in die bedryf, voltooi of afrond.

Volgens Hugo Theart, kreatiewe hoof van Kunste Onbeperk, het skrywers tot Maandag 12 September tyd om voorstelle elektronies in te dien.

Voorstelle wat voor of op 12 September ingedien is, word tot ’n leesteaterprogram verwerk wat op 31 Oktober en 1 November by die Baxter Teatersentrum in Kaapstad aangebied word.

“Skrywers kry by die Teksmark die geleentheid om met verteenwoordigers van teaters, feeste, vervaardigers en ander moontlike beleggers oor hul teksidees te gesels en selfs te onderhandel oor moontlike belegging in – en verdere ontwikkeling van – hul tekste,” verduidelik Hugo Theart, kreatiewe hoof van Kunste Onbeperk.

Tekste, in alle Suid-Afrikaanse tale, wat nog nooit voorheen professioneel opgevoer is nie, kan ingeskryf word solank die skrywer inwillig dat die teks in Afrikaans vertaal mag word.

Die doel van die Teksmark is om broodnodige ontwikkeling van, en ondersteuning aan, die skryf van goeie nuwe teatertekste te stimuleer, om afgeronde en geslypte tekste vir toekomstige opvoerings te bied.

Voorstelle moet elektronies aan Linda Marques, programbestuurder van Kunste Onbeperk, by [email protected] gestuur word.

Hoewel volledige tekste verwelkom word, word opvoerbare uittreksels van minstens 10 minute ook oorweeg.

Meer inligting en riglyne is beskikbaar op Kunste Onbeperk se webwerf.

Ander navrae kan gerig word aan Marques of Cornelia Faasen by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.