PEN Afrikaans soek jou kortverhaal

Argieffoto (Foto: Fotografierende/Unsplash)

Gepubliseerde én onbekende skrywers het net minder as ʼn maand oor om hulle verhale vir PEN Afrikaans se kortverhaalkompetisie in te skryf. Die kompetisie word met die steun van PEN International aangebied.

Die tema van die kompetisie is “Toegang” en skrywers kan dié tema uit enige belewingshoek in hul kortverhaal belig. Kortverhale moet tussen 1 500 en 3 000 woorde wees, en alle variëteite van Afrikaans is welkom.

Vyf wenverhale sal aangekondig en aanlyn gepubliseer word, terwyl die topdrie verhale professioneel voorgelees en op RSG se Kortom uitgesaai sal word.

Die wenverhaal stap met prysgeld ter waarde van R6 000 weg, terwyl die wenners van die tweede en derde prys onderskeidelik R4 000 en R2 000 sal ontvang. Die topdrie wen elkeen ook ʼn eksemplaar van PEN International: An Illustrated History, die bekroonde eeufeespublikasie van die wêreld se grootste skrywersvereniging.

Sluitingsdatum vir ontvangs van kompetisie-inskrywings is 1 Maart om 12:00. Vir meer inligting stuur ʼn e-pos na [email protected] of besoek PEN Afrikaans se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.