Reklamebedryf ding weer mee om ʼn Pendoring

Foto: Verskaf.

Een van die finaliste in die kategorie ‘oorspronklik Afrikaans’.  Foto: Verskaf.

Altesaam 84 finaliste ding mee in die Pendoring-reklamekompetisie wat vanjaar vir die 20ste keer aangebied word. Die Pendoring-bekroningsaand word op 30 Oktober by Vodacom World in Midrand aangebied.

Die Pendorings is in die lewe geroep om kreatiewe, oorspronklike en uitmuntende Afrikaanse reklame te bekroon.

Die finaliste is gekies uit 283 inskrywings deur 19 reklame-agentskappe.

Joe Public het die leiding geneem met 13 finaliste, FCB Kaapstad is tweede met sewe finaliste en Promise Brand Specialists en Ninety9Cents Communications is derde met vyf finaliste elk. Etiket, Ireland/Davenport en TBWA\Hunt\Lascaris Johannesburg het elk vier finaliste opgelewer.

TWO.AM Agency, Birthmark en Native VML het elk drie, Shift Joe Public, Baie-Lingual Concepts, DDB South Africa en Chasing Migada Productions het twee finaliste en King James  Kaapstad, FCB 1886, Black River F.C., Haas Advertising en Africards het elk een finalis.

In die studentekategorie loop Noordwes-Universiteit voor met 11 finaliste. Tweede is Stellenbosch Academy of Design and Photography met vier finaliste, Vega Pretoria en AAA Johannesburg het elk twee en die Universiteit van Pretoria het een finalis.

Kaartjies vir die prysaand is te koop by Corrie le Roux ([email protected] of 011 880 5202). Studente kry 25% afslag op kaartjies. Die keerdatum vir besprekings is Maandag 19 Oktober.

Gaan loer gerus hier na die volledige lys van finaliste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.