Room van die rolprentbedryf by Silwerskermfees

Die kykNET Silwerskermfees skop hierdie week in Kampsbaai af. Foto: Silwerskermfees Facebook-blad

Die kykNET Silwerskermfees skop hierdie week in Kampsbaai af. Foto: Silwerskermfees Facebook-blad

Die jaarlikse kykNET Silwerskermfees skop hierdie week af en dit lyk of die Afrikaanse rolprentbedryf weer sy beste voetjie gaan voorsit.

Die geleentheid word by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou en vanjaar se fees spog met talle plaaslike kortprente en vollengte rolprente. Hierdie jaar is daar egter ook voorsiening gemaak vir ʼn paar bestaande kortprente in ander landstale sowel as dokumentêre.

Die fees wat op Woensdag 27 Augustus begin kom op Saterdag 30 Augustus tot ‘n einde met die Silwerskerm-toekenningsgeleentheid. Rolprente soos Pad na jou Hart, Konfetti  en Die Windpomp is genomineer vir beste rolprent. Pad na jou Hart en Die Windpomp is in nege kategorieë genomineer.

Hier volg die volledige lys van nominasies:

Beste rolprent

  • Pad na jou Hart
  • Alles wat mal is
  • Die Windpomp
  • Konfetti
  • Die Ballade van Robbie de Wee

 

Beste regisseur

  • Jaco Smit (Pad na jou Hart)
  • Darrel James Roodt (Alles wat mal is)
  • Etienne Fourie (Die Windpomp)
  • Zaheer Goodman-Bhyat (Konfetti)

Beste manlike akteur

  • Ivan Botha (Pad na jou Hart)
  • Neil Sandilands (Die ballade van Robbie de Wee)
  • Armand Greyling (Die Windpomp)
  • Louw Venter (Konfetti)

 

Beste vroulike akteur

  • Donnalee Roberts (Pad na jou hart)
  • Erika Wessels (Alles wat mal is)
  • Anna-Mart van der Merwe (Stuur groete aan Mannetjies Roux)
  • Leandie du Randt (Die Windpomp)

Beste manlike byspeler

  • Marius Weyers (Pad na jou Hart)
  • Casper de Vries (Konfetti)
  • Marcel van Heerden (Pad na jou Hart)

 

Beste vroulike byspeler

  • Marga van Rooy (Die Windpomp)
  • Anna-Mart van der Merwe (Die ballade van Robbie de Wee)
  • Brümilda van Rensburg (Musiek vir die agtergrond)

Beste oorspronklike musiek

  • Benjamin Willem (Pad na jou Hart)
  • Johnny De Ridder (Die Windpomp)
  • Bruce Retief (Khumba)

 

Beste kinematografie

  • Jacques Koudsdaal (Pad na jou Hart)
  • Trevor Brown (Die Spook van Uniondale)
  • Tom Marais (Stuur groete aan Mannetjies Roux)
  • Johan Prinsloo (Die Windpomp)

 

Beste teks

  • Donnalee Roberts & Ivan Botha (Pad na jou Hart)
  • Etienne Fourie (Die Windpomp)
  • Louw Venter (Konfetti)

 

Beste redigering

  • Dwaine Faria-Carrao (Pad na jou Hart)
  • Louis Greeff, Mario Kowars & Mario Krawits (Die Windpomp)
  • Zelmarie Degenaar (Konfetti)

 

Beste rolprent (nie Afrikaans)

  • Ian Gabriel (Four Corners)
  • Andrew Mudge (Forgotten Kingdom)
  • Ntshaveniwa Luruli (Elewani)
  • Anthony Silverston (Khumba)
  • Theo Nel, Harriet Gavshon, JP Pogieter, Mariki van der Walt, Donovan Marsh (Inumber)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.