SA Akademiepryse toegeken

Dr. Dionē Prinsloo, hoof uitvoerende beampte van SA Akademie. Foto: Skermskoot uit

Dr. Dionē Prinsloo, hoof uitvoerende beampte van SA Akademie. Foto: Skermskoot uit haar onderhoud met kykNET

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SA Akademie) het onlangs hul jaarlikse toekennings aan verskeie baanbrekers toegeken, waaronder die Hertzogprys vir prosa.

Die oogmerk van die Akademie, as multidissiplinêre organisasie, is die bevordering van die wetenskap, tegnologie en literatuur in Afrikaans en die kunste, asook die bevordering van die gebruik en die gehalte van Afrikaans, hoofsaaklik binne Suid-Afrika.

Die pryse sal tydens spesiale seremonies, onderskeidelik in Pretoria (29 Junie) en Stellenbosch (7 Oktober), oorhandig word.

Erelidmaatskap
Erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is toegeken aan prof. Adam Small.

Hertzogprys vir prosa
Die Hertzogprys word vanjaar toegeken aan Willem Anker vir Buys: ʼn Grensroman.

M.T Steynmedalje vir natuurwetenskaplike en tegniese prestasie
Die medalje word vanjaar toegeken aan prof. I.G. (Ivan) Horak, emeritus professor, departement van veeartsenykunde, Onderstepoort.

Deleen Bekkerprys vir beste draaiboek van ʼn TV-drama in Afrikaans
Die prys word vanjaar toegeken aan Paul C. Venter vir Vlug na Egipte (episode 3) en Terug na Egipte (episode 6).

Huberte Rupertprys vir klassieke musiek
Die prys word vanjaar toegeken aan die bekende pianis, Ben Schoeman.

Eugènie Maraisprys
Die prys word toegeken aan prof. Stephanus Muller vir Nagmusiek.

Scheepersprys vir jeugliteratuur
Die prys word toegeken aan Marita van der Vyver vir Swemlesse vir ʼn meermin.

Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur
Die prys word vanjaar toegeken aan Kobus Geldenhuys vir Hoekom die walvisse gekom het.

Erepenning van die akademie in Afrikaans
Die Erepenning word toegeken aan die regisseur, John Trengove, vir Swartwater (Episode 1).

Die Erepenning vir visuele kunste (beeldhoukuns) word toegeken aan me. Maureen Quin.

Erepenning vir rolprentkuns
Die Erepenning vir rolprentkuns word vanjaar toegeken aan Katinka Heyns.

Erepenning van die fakulteit natuurwetenskap en tegnologie
Die prys word toegeken aan prof. Annemarie Oldewage, hoof van die departement van dierkunde, Universiteit van Johannesburg.

Besondere Erepenning van die Akademie
Die Erepenning word toegeken aan dr. Renata Coetzee van Kaapstad.

Besondere Erepenning van die Akademie
Die Erepenning is toegeken aan me. Karen Meiring, MNet se hoof van Afrikaanse TV-kanale.

Gustav Prellerprys vir literatuurwetenskap en letterkundige kritiek
Die prys word vanjaar toegeken aan prof. Louise Viljoen, verbonde aan die departement van Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch.

Stalsprys vir geskiedeniswetenskappe
Die prys word vanjaar toegeken aan prof. E.L.P. (Ernst) Stals, navosingsgenoot van die geskiedenisdepartement, Universiteit van Stellenbosch. Prof. Stals woon tans in Windhoek, Namibië.

Stalsprys vir politieke wetenskap
Die prys word toegeken aan prof. D.J. Geldenhuys, verbonde aan die departement van politiek en verhoudinge, Universiteit van Johannesburg.

Stalsprys vir ekonomie
Die prys word toegeken aan prof. Estian Calitz, emeritus professor in ekonomie, Universiteit van Stellenbosch.

Ds. Pieter van Drimmelenmedalje
Die prys word toegeken aan prof. H.C. (Hermie) van Zyl, navorsingsgenoot van die fakulteit teologie,  toegeken.

BYBEL Totiusprys vir teologie en die studie van die grondtale van die Bybel
Die prys word toegeken aan prof. J.M. (Koos) Vorster, emiritus professor van die fakulteit teologie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Frans du Toitmedalje vir bedryfsleiding
Die prys word toegeken aan dr. Johan van Zyl van Kaapstad.

Protea Boekhuisprys vir beste gepubliseerde werk in Afrikaans
Die prys word toegeken aan Carel van der Merwe vir Donker stroom en Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog.

Goue akademiemedalje
Die medalje word toegeken aan prof. M.J. (Michael) Samways, professor en akademiese prinsipaal van die departement van bewaringsekologie en entomologie, fakulteit agri-wetenskappe, Universiteit van Stellenbosch.

Havengaprys vir lewenswetenskappe
Die prys word toegeken aan prof. A.M. (Alvaro) Viljoen, verbonde aan die departement van farmaseutiese wetenskappe, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Pretoria.

Havengaprys vir gesondheidswetenskappe
Die prys word vanjaar toegeken aan prof. Robert Pattinson, verbonde aan die departement van obstetrie en ginekologie, Kalafong Hospitaal, Universiteit van Pretoria.

Esther Greeffprys
Die prys word toegeken aan prof. H.E.J. (Helize) van Vuuren vir haar artikel Passacaglia van J.S. Bach en Das Passagen-Werk van Walter Benjamin – literêre montage as mosaïekwerk in Memorandum. ʼn Verhaal met skilderye in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(3):505-523 (Sept 2014).

Douw Greeff-prys
Die prys word toegeken aan proff. A.J. Reinecke en S.A. Reinecke en me. Mia van Wyk van Stellenbosch vir hulle artikel Kan die gevoeligheid van grondlewende organismes bydra om die volhoubaarheid van landbewerking van olieraffinadery afval te beoordeel? in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, vol. 34, no. 1 (2015).

Junior Kaptein Scottgedenkmedalje (Dierkundige wetenskappe)
Die medalje word toegeken aan me. Lindi Steyn, verbonde aan die departement van dierkunde, Universiteit van Johannesburg.

Puk-Kanselierstrustprys (Poort-Kompetisie) vir prosa
Annemarie Wüst van die Hoërskool Stellenberg vir Seisoene van verandering.

Puk-Kanselierstrustprys (Poort-Kompetisie) vir poësie
Alet Janse van Rensburg van die Hoërskool Cradock vir haar gedig Wie laaste lag.

Besoek SA Akademie se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jaco ·

behalwe vir Adam Small, wat jare gelede reeds deur die Akademie vereer moes word maar toe was sy velkleur verkeerd, is al hierdie name in hierdie berig darem erg wit. So ook die bestuur van die Akademie. Is dit nie tyd vir bietjie affirmative action daar nie?

HEVW ·

Jaco, jy bedoel hierdie pryse moet meer op grond van ras en kleur toegeken word. Hoe dankbaar behoort ons te wees dat daar ten minste nog een gebied is waar meriete nog geldend is en standaarde nie meer verlore geraak het nie. Jou opmerking bring die akademiese kundigheid en integriteit van die beoordelaars erg in gedrang. As jy bewus is van van enige onoordeelkundigheid, motiveer dit sodat dit aan die lig kan kom. Moet nie stellings maak en vrae vra sonder verdere kwalifisering nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.