Skryf as terapie-seminaar in Pretoria aangebied

Argieffoto (Unsplash, Pixabay)

Argieffoto (Unsplash, Pixabay)

Dit gebeur dikwels dat iemand wat moeilike omstandighede in die lewe moes oorkom die behoefte ontwikkel om die belewenis en veral die lewenslesse wat daaruit geleer is, met ander te deel. Om ʼn boek te skryf vloei dikwels natuurlik hieruit voort. Baie weet glad nie waar en hoe om so ʼn projek aan te pak nie.

Op grond hiervan het Kwarts Publishers en Die Skryfbesigheid besluit om op 30 Mei 2015 in Centurion ʼn seminaar aan te bied om belangstellendes touwys te maak en hulle te motiveer om die belangrike projek aan te pak; nie net om ander te help nie, maar ook om self genesing te vind.

Die hoofspreker is Jannie Putter. Jannie is ʼn sielkundige, skrywer en gewilde motiveringspreker. Hy was van 2006 tot 2010 die Blou Bulle se Mental Coach. Hy het reeds vier motiveringsboeke gepubliseer wat daarop fokus om die lewe met ʼn wenplan aan te pak (CUM, Lux Verbi). Jannie het al vele laagte- en hoogtepunte op persoonlike sowel as professionele gebied beleef. Hy skryf ook oor die vryheid wat ʼn mens jouself moet toelaat om foute te maak sodat jy daaruit kan leer. Jannie sal die seminaargangers motiveer en bemagtig om die stap te neem om ook hulle stories te gaan skryf.

Die onderwerpe is so gekies om voornemende skrywers te wys waar om met die skryf van so ʼn boek te begin, belangrike aspekte om in gedagte te hou terwyl daar met die skryfproses besig is en wat om na afhandeling van die manuskrip daarmee te maak. Van die onderwerpe wat gedurende die seminaar bespreek gaan word, is:
• Waar en hoe gaan ek skryf?
• Hoe omskep ek my verhaal in ʼn aangename leeservaring?
• Verteller en perspektief
• Skryf as terapie
• Publiseer jou verhaal

Die paneel wat genoemde onderwerpe sal fasiliteer, is Trudy Erasmus (gepubliseerde skrywer van kortverhale), Marietjie Wentzel (taalversorger en manuskripontwikkelaar), Maartin Kotze (onderwyser, dramaturg en berader) en Anita Stander (produksiebestuurder, Kwarts Pubishers).

Enkele skryf-oefeninge gaan tydens die seminaar gedoen word om daardie eerste belangrike vonk te verskaf. Al fokus die seminaar baie sterk op die skryf van verhale wat na moeilike omstandighede verwoord wil word, is enige persoon welkom om die seminaar by te woon.

Vooraf bespreking voor of op 12 Mei 2015 is noodsaaklik aangesien daar beperkte sitplekke beskikbaar is.

Skrywers wat graag hulle boeke tydens die seminaar wil uitstal en van die hand sit, word hartlik uitgenooi om teen ’n geringe fooi daar uit te stal. Bespreking hiervoor is ook noodsaaklik.

Navrae oor die volledige program kan aan Anita Stander van Kwarts Publishers ([email protected]) of Marietjie Wentzel van Die Skryfbesigheid ([email protected]) gerig word. Skakel alternatiewelik 012 752 5877 om vir die seminaar te registreer.

Die elektroniese registrasievorm is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

“Mental Coach” . . . . sjoe !!!!!!
Kyk by Anita Stander vir “Pubishers”.
Ek is nie ‘n proefleser maar het ‘n ‘oog’ vir spelling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.