Skryfnet: Kreatiewe skryfkuns vir skoliere

skryfnet-skoliere-facebook-01-002.jpgWil jy graag eendag ’n skrywer word, maar jy het nog nie die selfvertroue om jou werk vir ander te wys nie? Dalk wil jy net jou storie afrond voordat jy dit indien. Of miskien sukkel jy nog om ’n goeie storie-idee te kry of jy wil net beter kreatiewe opstelle vir die skool skryf. Dan is hierdie werkswinkel vir jou!

Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ’n praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser. Die werkswinkel fokus op die skryfproses, vertellerperspektief, skryfgenres, hoe om ’n storie aanmekaar te sit en redigering van jou teks – alles wat jy nodig het om aan jou storie te begin skryf. Dis ’n praktiese werkswinkel wat speletjies, oefeninge en skryfsessies insluit. Dit is die ideale werkswinkel vir skoliere wat hul kreatiewe skryfspiere wil losmaak – of hulle nou ’n opstel, riller of liefdesverhaal wil neerpen.

Meer oor die aanbieder:

Christien Neser is ’n spraakterapeut van Sandton wat eers laat in haar lewe begin skryf het. Nadat sy ’n skryfkursus van die ATKV in 2007 bygewoon het, het tientalle jeugboeke, ’n niefiksie boek en etlike kortverhale in Huisgenoot en Rapport reeds uit haar pen verskyn, onder meer HELP! My kind is anders, Pienk is nie vir sissies nie en Absoluut Einstein. Haar boeke word deur LAPA, Tafelberg en Best Books uitgegee. Christien is ook ’n ywerige leser, leer steeds Duits, Frans en Portugees, ry graag fiets saam met haar man, Thys, en is lief vir tuinmaak. Besoek Christien se webwerf by https://christienneser.com/.

Wanneer en waar:

Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ʼn eendagwerkswinkel wat op Saterdag 21 Augustus 2021 op Akademia se Centurion-kampus aangebied word deur Christien Neser.  Die kursus kos R650 per persoon. ʼn Afslag van 10% word gegee indien ʼn groep van vyf of meer leerders saam inskryf.

Kom registreer nou!

Klik hier om te registreer. Sodra deelnemers registreer sal hulle per e-pos meer inligting ontvang oor die dag. Die inskrywingsgeld sluit ’n ontbythappie en ligte middagete in. Leerders wat hierdie werkswinkel afhandel, ontvang ’n sertifikaat van Skryfnet.

Inskrywings vir hierdie werkswinkel sluit op 16 Augustus 2021.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.