Spog met jou skryfvernuf en wen ʼn boekpak!

Maroela wil ʼn keur van lesers se kortverhale publiseer. Spog met jou skryfvernuf op Maroela!

Kies een van die sinne hier onder, kies jou genre en skryf dan ʼn kortverhaal van sowat 250 woorde (1 250 karakters). Jou kortverhaal kan ʼn speurverhaal, riller, romanse, tragedie of selfs komedie wees – dis deel van die pret!

Een van die deelnemers staan boonop die kans om ʼn heerlike boekpak ter waarde van R1 130 te wen. Dié boekpak bestaan uit 30-minute-resepte, wenke en wyshede deur Herman Lensing (NB Uitgewers), Laat u Naam geheilig word deur Esté Geldenhuys (NB Uitgewers), 100 beste blokraaie van 10 jaar! II (Lapa Uitgewers) en Hoe supercool goed werk (Lapa Uitgewers).

Gebruik een van die volgende sinne as ʼn inleidingsin vir jou kortverhaal:

  • Dit neem ʼn rukkie vir my oë om aan die donker gewoond te raak. Iewers lag ʼn hiëna.
  • Toe sy vir ontbyt aansit, lê die briefie langs haar bord. Die handskrif lui ʼn klokkie.
  • Dit was nie sommer net ʼn gewone “totsiens” nie.
  • Ek moes my pa dié dag by die fees ontmoet het.
  • Tsjwie-tsjwie is die enigste geluid wat sy motor se enjin nóú maak …

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Maart 2020.  Die wenner sal in die daaropvolgende week bekend gemaak word.

Is jy lief vir skryf?

Maak seker dat jy dan sommer ook inskryf vir vanjaar se ATKV-skryfskool wat by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus aangebied word. Klik hier vir meer inligting.

 

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Enigiemand kan aan die kompetisie deelneem.
  • Maroela behou die reg voor om jou skrywe te redigeer en teksversorging te doen.
  • Nie alle kortverhale wat ontvang word, gaan noodwendig gepubliseer word nie.
  • Die boekprys word met ʼn gelukkige trekking bepaal en nie noodwendig uit die kortverhale wat gepubliseer word nie. Almal staan dus ʼn kans om te wen!
  • Die boekprys kan teruggehou word indien daar nie genoegsame deelnemers was nie.
  • Die boekprys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Jou data word nie met die ATKV of enige ander derdeparty gedeel nie.
  • Jou skrywe word beperk tot 1 250 karakters (sowat 250 woorde).
  • Die wenner van die boekpak sal persoonlik gekontak word en op Maroela Media bekend gemaak word.
  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 20 Maart 2020 om 23:59.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae