Stem nóú vir jou gunsteling Afrikaanse besigheid!

Tinteltong 3In samehang met die viering van Internasionale Moedertaaldag jaarliks op 21 Februarie beloon AfriVriendelik innoverende Afrikaanse ondernemings met hul jaarlikse Tinteltong Toekennings.

Die Tinteltong Toekennings word gegee aan ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.

In 2019 is daar 10 kategorieë plus ’n ekstra een vir “foto wat Afrikaans praat (uitbeeld)”; die wenners se kreatiwiteit word behoorlik tydens ’n toekenningsgeleentheid gevier.

Vanjaar hou Je-ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys hul lywe gasheer en gasvrou en ADAM sal tydens die geleentheid optree.

AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is en wil voortgaan om ondernemings wat dienste in Afrikaans aanbied, te beloon. AfriForum hoop dat die wenners ander ondernemings en mense ook sal aanspoor en inspireer om in die taal van hul hart sake te doen.

2019 se Tinteltong‑nominasies het reeds gesluit en die publiek kan nou vir hul gunsteling Afrikaanse onderneming gaan stem. Die publiek kan hier vir hul gunstelinge stem. Die benoemings vir elk van die 10 kategorieë lyk soos volg.

Tinteltong Toekenning vir oulikste Afrikaanse naam

Bril

Net ’n Kameel

Die Bees

 

Tinteltong Toekenning vir mooiste logo

Elsje Designs

The Wooden Spoon

The Allora Collection

 

Tinteltong Toekenning vir lekkerste kos

Boervrou Deli

Vanilla & Co.

Coco Vanilla

 

Tinteltong Toekenning vir kwaliteit diens

Ai-Ai Event Styling

Outdoor Photo

GoZone Water

 

Tinteltong vir oulikste e-kopie (aanlyn winkel)

Lieflappies

Hadassah Clothing

Klerekas

 

Tinteltong Toekenning vir fraaiste produk of diens gemik op kinders

Poppie Lief

Luistervink Stories

Tiny Necessities

 

Tinteltong Toekenning vir oulike produkte

Jana Nel Designs

Block and Blossom

MUSE

 

Tinteltong Toekenning vir beste gebruik van sosiale media

Bril

Vannie Kaap

Eden & Co.

 

Tinteltong Toekenning vir uitgewer wat Afrikaans bevorder

LAPA

Protea

NB-uitgewers

 

Tinteltong Toekenning vir skaterlag uit jou maag

Korrelkou

Pretti Cool Gifts

Vannie Kaap

Om vir 2020 se toekennings in aanmerking te kom, stuur die onderneming se naam en kategorie waarin jy hom nomineer na [email protected] lys slegs jou onderneming gratis op ons besigheidsgids om raak gesien te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paul ·

En daar hap my taal in die hek net omdat daar nie ‘n kategorie vir NATUUR is nie!
Wat het van die OMGEWING geword en dan sien ek TINY NICESITIES is daar, maar nie BARE NICECITIES nie. (lekker ou Afrikaanse naam van die noodsaaklike.)

En net daar hap ek in my cerials of is dit nou pretcils.

Lydia ·

Meer Engels as Afrikaans. Is die toekennings vir Afrikaans of Engels??

Wallis ·

Die name moes nou net n internetskakel na hulle websites gehad het, sou interessant wees om meer oor hulle te leer om hulle te ondersteun.

Maljan ·

Enigste besigheid waar ek die laaste 5jaar in Afrikaans gehelp was, was sie salon waar die honde versorg word, met hulle Ingelse naam

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.