Taalgebruik: familielede

Argieffoto

Argieffoto

Sommige gebruikers van Afrikaans struikel soms met die gebruik van neefs en niggies en broerskinders of susterskinders wanneer daar verwys word na familielede.

neef, niggie:
Neefs en niggies is die kinders van ooms en tantes
Engels: cousin

broerskind, susterskind:
Dit is die kinders van jou broer of suster [LIEFS NIE: neefs en niggies]
Engels: nephew, niece

halfbroer, halfsuster:
ʼn Halfbroer en halfsuster het een gemeenskaplike ouer

stiefbroer, stiefsuster:
Die kinders van ʼn stiefma of stiefpa en is dus nie bloedfamilie nie

familie
Familie slaan op alle bloedverwante (ook aangetroudes) soos ooms, tantes, niggies, neefs, skoonmense en ook mense met dieselfde van, vandaar familiesaamtrek en Familiebybel.

gesin
ʼn Gesin bestaan uit ouers en hul kinders, terwyl ʼn huishouding almal insluit wat saam met die gesin woon

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet Snot ·

Dis hoe ons dit altyd sê.
Of dit reg is, kan ek nou nie sê nie.

Peet Schabort ·

My oupa het verwys na ‘n neef van hom as sy ‘dubbelneef’.
My oupa se ouers en die dubbelneef se ouers was broers en susters. M.a.w. waar twee broers met twee susters trou is die kinders van beide ouers se kant af neefs of niggies.

Marietjie van Jaarsveldt ·

Ek het groot geword met kleinneef of -niggie. Dit is jou neef of niggie se kinders.

Jannie van Vuuren ·

Ek dink kleinneef en kleinniggie is meer gepas as broerskind en susterskind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.