Taalgebruik: noem of vernoem?

Vier geslagte bymekaar - en almal is na oupagrootjie genoem (Argieffoto)

Vier geslagte bymekaar – en almal is na oupagrootjie genoem (Argieffoto)

Talle gebruikers van Afrikaans wonder soms of iemand na iets “genoem” of “vernoem” word.

noem x vernoem
Sy het haar kind na haar ouma genoem [EERDER AS: vernoem], en daardeur is die ouma vernoem.
Vernoem kan ook dieselfde as hernoem en herdoop beteken: om iets ʼn nuwe naam te gee.

hernoem
Adderleystraat is byna hernoem na die vorige president of is byna hernoem/herdoop tot Nelson Mandela-rylaan.

herdoop
Iets/iemand word herdoop tot [NIE: na]

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R350-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.