Astrologie, astronomie

Foto: Pixabay

Talle gebruikers van Afrikaans is soms onseker oor die verskil tussen “astrologie” en “astronomie”.

ʼn Astroloog is ʼn sterrewiggelaar (iemand wat beweer dat die lotgevalle van die mens deur die stand van die sterre bepaal word); ʼn astronoom is ʼn sterrekundige (wetenskaplike).

astrologie: sterrewiggelary (uit Grieks: astron ster + logien praat)
astronomie: sterrekunde (uit Grieks: astron ster + nomos wet)

Hierdie brokkie is gepubliseer in Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Taal is interessant. Dink nou aan ekologie teenoor ekonomie..

Taal boffen ·

Astrologie is teenoor Astronomie soos godsdiens teenoor Wetenskap is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.