Mense is soos lees- en skryftekens

Argieffoto (happy-pregnancy.blogspot.com)

Mense gedra hulle soos lees- en skryftekens. Sodra jy dit begryp, begin jy beter kommunikeer want jy “ken jou kliënte” beter.

Hier is ʼn kortbegrip van kommunikasiestyle en gedragskodes:

  • . so onwrikbaar soos die finale punt
  • ? so uitvisserig soos ʼn vraagteken
  • ( ) so skinderig soos hakies
  • so oorbodig soos (dit wat tussen hakies staan)
  • so selfgesentreerd soos “aanhalingstekens”
  • so eksentriek soos ʼn hoofletter in ʼn Gewone Woord in die middel van ʼn sin
  • SO SELFBELANGRIK SOOS ‘N HELE SIN IN VET GEDRUKTE HOOFLETTERS
  • so aandagtrekkerig soos kursief gedrukte woorde
  • : so oorverduidelikend soos ʼn dubbelpunt
  • – – so langdradig soos stelle aandagstrepe
  • ; so onseker soos ʼn kommapunt
  • ?!! so bombasties-belangrik soos ʼn vraagteken, gevolg deur twee uitroeptekens
  • & so kripties soos ʼn ampersand
  • * so kastig tersaaklik soos ʼn asterisk
  • – so kan-nie-klaarkryerig soos ʼn koppelteken
  • / so besluiteloos soos ʼn solidus
  • … so frustrerend soos beletseltekens
  • = so puntenerig presies soos ʼn gelykaanteken
  • ^ so langdradid soos ʼn kappie
  • ´´ so dramaties soos dubbele aksenttekens
  • ¨ so isolerend soos ʼn deelteken
  • ! so intens soos ʼn uitroepteken

Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.