Nuwe Afrikaanse plakkaatreeks vir klaskamers

 gerat_plakkaat-3.jpgPromosie

Hulpmiddels vir klaskamers is altyd welkom. Tog is dit belangrik dat hulpmiddels nie net bydra tot vrolike dekor nie, maar ook wel sinvol is.

Die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) het ’n Afrikaanse plakkaatreeks ontwikkel vir graad 4 tot 12.

Die kleurvolle pakket bestaan uit 26 A2-plakkate.  Die voordele van die reeks is:

  • Kan saam met die taalgids Blits Afrikaans, Suerette Maartens (samesteller), gebruik word.
  • Neem probleemgebiede en spesifieke foute wat in die NSS-eksamen begaan word, in aanmerking.
  • Bied geleentheid om van klaskamermure af skool te hou; dit is saamgestel volgens KABV-vereistes, asook die NSS-voorskrifte.
  • Die kernaantekeninge sal “vingerpunt”-kennis bevorder; dit is omvattend maar kompak aangebied.
  • Verduidelik taalstrukture en -konvensies deur treffende kleurespel, asook verskillende lettergroottes en -tipes.
  • Fokus op spelling se grondbeginsels, spelling en punktuasie, klankleer, morfologie en betekenis, asook enkele idiome.

Gratis vir GeRAT- en AON-lede

Lede  van GeRAT en die AON kry die geleentheid om die spogplakkaatreeks, Verruklike Afrikaans, gratis te ontvang. ’n Stel gratis plakkate word aan ’n Afrikaansonderwyser gegee, indien sodanige onderwyser ’n lid (of die skool) van die AON asook lid van SOS: GeRAT (onderwysers.co.za) is. Tot ’n maksimum van vyf stelle plakkate sal per skool beskikbaar gestel word. Indien meer benodig word, kan daar nog aangekoop word.

Rig navrae aan Jana Terblanche (GeRAT: HOOF): [email protected] (012 612 0234) of Marié Gräbe (GeRAT & en samesteller van die reeks): [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.