Ongehoorsaam skryfreëls

Argieffoto

Argieffoto

Dié 24 Afrikaanse taalreëls laat selfs veterane struikel. Kyk na die misbruik – en hou koers!

  • Moenie apostrofe’s verkeerd gebruik nie.
  • Modewoorde moet basies uit die aard van die saak vermy word.
  • Moenie sinne aanmekaarlas nie gebruik punte en hoofletters dit maak jou werk leesbaarder
  • Utiliseer slegs terme wat vir die waarskynlike lesers hic et nunc penetrabel is.
  • Vermy oortollige pleonasmes en dubbeldoor-toutologieë.
  • As jy van ‘n woord se speling of skryf wyse onseeker is, slaan na.
  • Maak seker dat jy nie die slot-nie weglaat.
  • Slegs bysinne, wat beperkend is, word tussen kommas geplaas.
  • Al skrywende duik daar soms deelwoorde op wat nêrens by hoort nie; skrap hulle.
  • Die voornaamwoord en hulle antesedente moet getalsmatig ooreenstem.
  • Voorkom dat jy nie die teendeel skrywe van wat jy bedoel nie.
  • ‘n Helder, ongemengde beeld is dikwels die treffende ruggraat van goed kommunikerende taalgebruik – veral in koppe, maar ook in lyfteks.
  • Onlangs het ek geleer wat tant Betje is en sal ek dus nie meer foutiewe sametrekkings van sinne maak nie.
  • Moet niks weer herhaal nie en sê ook nooit dieselfde ding twee maal nie.
  • Geen fragmente van sinne.
  • Te lang sinne is vermoeiend. Te kort sinne net so. Die onderlinge samehang ontbreek dan. Die sinslengte moet liefs varieer.
  • Elke paragraaf behoort oor één aspek te handel. Sinne wat oor iets anders handel, hoort nie in die paragraaf nie. ‘n Sin vir humor is baie nodig.
  • Gebruik Hoofletters oordeelkundig.
  • Geliewe nie te hoogstylig vir die okkasie tot skrywe oor te gaan nie.
  • Onalg. afks. moet so min mntl. gebruik word, want vir b. het die wsk. leser meer nodig as net e.l.
  • Roei steurende Anglisismes in jou taalgebruik lok, stok en vaatjie uit.
  • Ek is enersyds ongelukkig met die feit dat nie alleen in amptelike taal nie, maar ook – en wellig veral – in taaluitings binne die politiek die verskynsel hom op allerlei vlakke voordoen dat mense hulle bedien van weliswaar grammaties onberispelike, maar desalnietemin onoorsigtelike sinne, waarbinne stellings, in sover hulle duidelike uitsprakte bevat, vermy word, maar waarin verdere beperkings en voorbehoude daarvoor sorg dra dat die leser – of toehoorder – die spoor byster raak, maar ek het andersyds, omdat ek my enigsins onder die polities geletterdes skaar, daar begrip voor, maar geensins simpatie mee nie, dat dit die geval is om niepartygenote die politieke harnas in te jaag, wat natuurlik ook weer nie opgeneem mag word as ‘n aansporing om die kiesers sand in die oë te strooi nie.
  • Pasop om nie verkleinwoordjies in ‘n saaklike geskriffie te gebruik nie.
  • Proelfees jou wrek noureukig.

Oorspronklik gepubliseer in die boek Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink met illustrasies deur Piet Grobler.
Uitgewers: Tafelberg, 1998

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Simon ·

Tong in die kies.
Getel: 128 woorde in EEN sin. Geheel onverstaanbaar, soos dit bedoel was om te wees.

En ek het gedink Charles Dickens het in sy boek Oliver Twist langdradige sinne geskryf.
Of C M vd Heever in sy boek “Somer”. (Ha – geen werk woord in die laaste sin nie)

anne ·

Anne
ek is onseker of “onseeker” in punt nr 6 reg gespel is…???

Sune van Heerden ·

Dagsê Anne

Daar is inderdaad ‘n fout in elke sin – die “taalles” in die sin word telkens met die betrokke woorde uitgewys.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Alta v Niekerk ·

Prof Combrink was desjare een van my dosente by Maties. Hoe goed onthou ek nie sy pragtige stem en spitsvondighede nie!

Z ·

Op die huidiglike oomblik, die mees skitterendste artikel. Ek waardeur dit! :-)

Sann ·

Z. Jy bedoel seker artiekel…… Ha-ha, ons moenie spot nie, hulle woon hier tussen ons!

Pieter Ellis ·

Wel, synde twee negatiewe n positief maak, moet ons dus die slot weglaat. Of is dit nou nie weglaat, of …..

Danki ·

Ja dankie, ons kort weer so bietjie regruk / skud van ons taal en hoe lekker op so humoristiese manier. Jammer vir die wat net 1 of 2 foute wat in humor gemaak is, raaksien!

Etienn ·

Uitstekend! Net jammer die mense wat dit die nodigste het, sal die stuk of nie lees nie of nie verstaan nie!

Annatjie ·

Ek het hierdie leesstuk baie geniet. Ek kry die horrie-piep wanneer mense ons taal so vir-sies met Anglisismes.
Dankie vir die lekker lag??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.