Taalgebruik: aanmerking, opmerking, merk

Argieffoto. (Foto: Tumisu/Pixabay)

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil tussen aanmerking, opmerking en merk. Iemand sal byvoorbeeld aanmerking gebruik wanneer hulle eintlik opmerking bedoel.

Wanneer mense aanmerkings maak, beteken dit dat hulle iets kritiseer, afkeur of bedenkings daaroor het. Mense kom in aanmerking [NIE kwalifiseer] vir byvoorbeeld ʼn lening of prys.

Opmerk of opmerkings maak beteken om (neutrale of gunstige) kommentaar te lewer.

Merk beteken om iets te sien, waar te neem of op te let: Jy merk die vrou is ontsteld of merk aan haar gesig [NIE merk aan haar gesig op] dat sy ontsteld is, hoewel sy niks wil laat merk nie. Antwoordstelle word nagesien [NIE gemerk].

Bronne: Skryf Afrikaans van A tot Z

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.