Taalgebruik: aanmerking, opmerking

Argieffoto

Aanmerking dra die betekenis van woorde, gewoonlik ongunstig, uitgespreek as ‘n mening.
Opmerking is ‘n fyn waarnemingsvermoë.

‘n snaakse/skerpsinnige opmerking
Die natuurbewaarders se opmerkings in die veld het die navorsers se taak baie vergemaklik.
aanmerkings maak oor iemand se houding/gedrag
aanmerkings in die kantlyn skryf

In die praktyk loop opmerking en aanmerking deurmekaar:
Allerlei lelike op- of aanmerkings maak.
Het iemand nog ‘n op- of aanmerking?

Uitdrukkings:
vir iets in aanmerking kom
kans hê om iets te kry: in aanmerking kom vir ’n pos/prys.
iets in aanmerking neem
iets oorweeg; met iets rekening hou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.