Die afkappingsteken word gebruik by die meervouds- en verkleinignsvorme van eiename wat einde op e of (r)s wat nie uitgespreek word nie en waarvan die meervoud met onderskeidelik e of s gevorm word.
Terblanche’e – Terblanch’ie
Cecile’s – Cecile’tjie, Estelle’s, of Estelle’e – Estelle’tjie
Celliers’s – Celliers’tjie, De Villiers’s – De Villiers’tjie (uitspraak: De Viljee), Du Plessis’s – Du Plessis’tjie, Marais’s – Marais’tjie
Louis’s – Louis’tjie
Opmerking:
As die slot –s van ʼn van soos De Villiers of viviers wel uitgespreek word, is die meervouds- en verkleiningsvorm sonder ʼn afkappingsteken, byvoorbeeld: De Villierse – De Villiersie, Vivierse – Viviersie.
Die afkappingsteken word nie gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van eiename wat eindig op t, w, x of z wat nie uitgespreek word nie.
Du Toits – Du Toitjie
Pauws – Pauwtjie, Rossouws – Rossouwtjie
De Roubaixs – De Roubaixtjie, Le Rouxs – Le Rouxtjie, Tredouxs – Tredouxtjie
Du Preezs – Du Preeztjie
Dié inligting is oorspronklik gepubliseer in die nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (11de omvattend herbewerkte uitgawe)
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
Koop die boek nou by Graffiti Boeke vir slegs R360-00*
*Prys onderhewig aan verandering