Taalgebruik: afsper of versper?

Argieffoto (Foto: lonepige, Pixabay)

Argieffoto (Foto: lonepige, Pixabay)

Die polisie sal die gebou of gebied afsper [NIE: afkordon/versper] deur dit met linte, toue of lemmetjiesdraad toe te span.
Hindernisse soos voertuigwrakke of ontwortelde bome kan ʼn straat versper sodat niemand kan verbykom nie

OOK:
ʼn Blokkade word in ʼn oorlog, teen ʼn hawe of die hele kus van ʼn land ingestel deurdat toegang afgesluit word, en dit kan later opgehef word. Deesdae word blokkade al hoe meer gebruik waar die verkeers- of gewone polisie voertuie voorkeer en soms deursoek (Engels: road block). Die polisie rig ʼn padblokkade/padversperring op, en bome wat in ʼn storm omgeval het en dwarsoor die pad lê, is versperrings. Dreunstroke en spoedboggels/spoedbulte in strate of op paaie is bedoel om motoriste stadiger te laat ry, en is nie versperrings nie.

versper:
afsluit/toemaak deur iets in die pad te sit; toegang keer/verhinder/belet: ʼn pad met brandende bande en stukke beton versper
(ook figuurlik) Diskriminasie het al baie mense se loopbaanmoontlikhede versper

afsper:
deur ʼn versperring afsny/afsonder: ʼn plek afsper vir die hoë gaste

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.