Taalgebruik: afstel, uitstel, verdaag

Argieffoto. (Foto: Ben White/Unsplash)

Afstel slaan op optrede met ʼn blywende uitwerking: Die uitvoering is weens die dood van die sanger afgestel.

Uitstel het ʼn tydelike oogmerk of uitwerking: ʼn Saak word uitgestel tot [NIE: na] ʼn later datum nadat die verdagte in die hof verskyn het, die aanklag formeel aan hom gestel is en hy skuld beken of ontken het, maar nog geen getuienis afgelê is nie. Dan het die eintlike verhoor nog nie begin nie en dit kan dus op ʼn later datum begin.

Wanneer ʼn verhoor of sitting eers aan die gang is, kan dit verdaag word.

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.