Taalgebruik: al te, alte

Argieffoto (Foto: Ronile/Pixabay)

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil tussen “alte” en “al te”.

“Al te” (twee woorde) het die betekenis van “reeds te” (lank, veel of vol): Die projek het al te ver gevorder om dit nou te probeer verander (Dus “reeds te ver gevorder”) en Nee, my kind, Ouma is al te oud om fiets te ry! (Dus “reeds te oud”.)

“Al” in alte dien bloot as ver­sterking van die graadbywoord “te”, en “alte” beteken dus “baie”, “danig”, “glad te” of “tog te”: Die kinders weet maar alte goed hoe ver hulle met ’n onderwyser kan gaan voordat daar moeilikheid is, of Dit gebeur darem alte dikwels dat daar fout met die boeke is.

Hoewel die vas en los geskrewe gevalle soms nie maklik van mekaar onderskei kan word nie en die gebruik soms deurmekaarloop, behoort die noukeurige gebruiker die twee skryfwyses, en dus betekenisse, uitmekaar te probeer hou.

Bronne: HAT Taalgids en Skryf Afrikaans van A tot Z

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.