Taalgebruik: albei, beide, sowel as

Argieffoto (Foto: 2Photo Pots/Unsplash)

Hulle albei, of al twee [NIE: albei van hulle, al twee van hulle]. Hulle het albei [NIE: beide] gewen. Geeneen van die twee het verloor nie [NIE: albei van hulle het verloor nie].

Sowel Jan as Piet, of Jan sowel as Piet [EERDER AS: beide Jan en Piet]. Kommas kan ook gebruik word: Die minister(,) sowel as sy adjunk en die direkteur-generaal(,) het die inwyding van die hospitaal bygewoon. Daar was boeke op die tafel sowel as (op) die vloer [NIE: op sowel die tafel as op die vloer], maar: Daar was boeke op sowel as onder die tafel.

albei telw.
die een en ook die ander; al twee: albei arms/oë/bene • Die seuns was albei ewe stout. • Albei van hulle het gesê hulle kom. • Hulle albei het so gesê.

beide telw. (meestal deftig)
al twee; albei; sowel die een as die ander: beide partye • een van beide fabrikate • geen van beide partye • in beide gevalle • op beide maniere • Die tweelingsusters is beide getroud. • beide die pa en die ma.

sowel voegw.
net soveel; en: sowel die een as die ander • Vroue sowel as mans kan dit dra.

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z en Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.