alledaags: (Eng: commonplace) die teenoorgestelde van buitengewoon en soms word dit ietwat neerhalend gebruik. OOK: Baie gewoon; wat amper elke dag voorkom: ʼn Alledaagse voorval; alledaagsheid
daagliks: (Eng: day to day) daagliks slaan op iets wat elke dag gebeur; (b.nw.) Vir elke dag, wat elke dag terugkeer: My daaglikse wandeling. (bw.) Op iedere dag, elke dag: Ons doen dit daagliks.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
kan julle die verskil tussen ronde en rondte verduidelik asb. Ek sien op die program van die “community cup” rugby wedstryde wat gespeel word begin die ronde die 21ste Februarie – ek vermoed dat dit dalk rondte moet wees – ek is seker dat die “t” per ongeluk uitgelaat is – sover ek weet is ronde die beskrywing van ‘n vorm wat alles is met ‘n omtrek ewe ver van die middelpunt is en rondte word gebruik vir die rondheid – “kom ons staan in die rondte ” ens en wanneer daar ‘n wedstryd gespeel word is dit ‘n rondte… Lees meer »