Angstig beteken om bang, benoud, bevrees, bekommerd, begaan te wees of met angs vervul te wees: Die aanvalle maak die inwoners angstig, of: Die kind luister angstig na geluide in die donker huis.
1 met angs vervul: angstig wees op ʼn eensame plaas; angstig deur ʼn donker bos stap
2 wat angs uitdruk: ʼn angstige blik/geskreeu
3 wat angs veroorsaak: in angstige verwagting
anxious gretig of begerig, ongeduldig, wil (bitter) graag hê, sien uit na, of is nuuskierig of besorg oor; angstig in die betekenis “gretig”, “begerig” is ʼn anglisisme
Gretig:
met lus en ywer; opgewonde oor iets wat gaan gebeur of iets wat jy graag wil doen; begerig: gretig wees om te leer; gretig luister; iets met gretige hande gryp; gretig uitsien na ʼn vakansie; gretig uitvra na nuus van jou familie