Moenie dié twee woorde met mekaar verwar nie. ‘n Belofte word aan mense gemaak, terwyl ‘n gelofte aan God gemaak word.
belof·te s.nw. [beloftes]
1 wat beloof/toegesê word: ’n belofte aflê/maak/doen • ʼn plegtige belofte • ’n belofte hou/nakom/vervul • ’n holle/leë belofte • iemand aan sy/haar belofte hou • jou belofte teenoor iemand (ver)breek • iemand van ’n belofte ontslaan/vrystel.
2 verwagting van iets goeds: ’n kortverhaalbundel/skrywer wat vol belofte is • Die planne vir infrastruktuur- en toerismeontwikkeling hou groot belofte vir die boubedryf in.
Uitdrukkings:
Belofte maak skuld (en wie daarop wag, is gekuld).
-As jy iets belowe het, is dit jou plig om dit te doen.
Hulle het hom met leë beloftes weggestuur.
-Hulle wou net van hom ontslae raak.
ge·lof·te s.nw. [geloftes]
plegtige belofte/onderneming, veral teenoor God: ’n gelofte aflê/hou/nakom/vervul • ’n gelofte gestand doen • ’n gelofte breek.
Bron: HAT