Taalgebruik: bespaar of spaar?

Argieffoto (Foto: luxstorm, Pixabay)

Argieffoto (Foto: luxstorm, Pixabay)

Jy kan water en elektrisiteit bespaar [NIE: spaar] en aan uitgawes bespaar of die uitgawes besnoei [NIE: bespaar/sny op uitgawes].

Jy spaar geld of iemand se lewe, of jy spaar iemand die moeite of vernedering.

do you have a moment to spare? kan jy ʼn oomblik/tydjie afknyp? het jy tyd oor?

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

arie plaasboer ·

Ag, dit sou so goed wees as meer Afrikaanssprekendes hierdie stukkie sou kon lees.
Dit is voorwaar insiggewend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.