Bywoorde en byvoeglike naamwoorde wat ten opsigte van gehalte gradeerbaar is en nie ten opsitgte van maat of hoeveelheid nie, vorm die vergrotende trap met beter en die oortreffende trap met bes(te), en word meestal as ʼn frase saam met die bepaalde lidwoord die gebruik.
gekwalifiseerde – beter gekwalifiseerde – die bes(te) gekwalifiseerd
toegerus – beter toegerus – die bes(te) toegerus
Wanneer byvoeglike naamwoorde wat op hierdie manier gegradeer is, attributief gebruik word, word bes meestal gebruik, terwyl bes of beste gebruik word om die oortreffende trap van predikatiewe byvoeglike naamwoorde vorm, byvoorbeeld die bes gekwalifiseerde kandidaat teenoor Hierdie kandidaat is die beste gekwalifiseerd.
Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
Uitgewer: Pharos
Prys: R455-00*
* Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke.