Taalgebruik: blykbaar, klaarblyklik

Argieffoto (Foto: 3dman_eu/Pixabay)

Blykbaar impliseer ʼn geringe mate van twyfel en word gebruik wanneer ʼn mens min of meer seker van jou saak is.

Klaarblyklik beteken dat iets beslis, kennelik, ongetwyfeld of onteenseglik sal gebeur en dui op feitlik volkome sekerheid. As iets klaarblyklik die geval is, bestaan daar geen twyfel meer nie.

Oënskynlik sê hoe iets op die oog af lyk – dit kan so wees of nie.

Skynbaar word gebruik as iets nie is soos dit lyk/skyn te wees nie: Sy was skynbaar vas aan die slaap (maar het alles gehoor wat gesê is).

Bron:
Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.