Taalgebruik: Deelteken

Argieffoto

ʼn Deelteken of ʼn koppelteken word gebruik in verbindings waar ʼn opeenvolging van volkaalletters verkeerd gelees kan word en voorvoegsels van klassieke herkoms betrokke is.

biëlektries of bi-elektries
diëlektries of di-elektries
koëffisiënt of ko-effisiënt
koöperasie of ko-operasie
preëksistensie of pre-eksistensie
reïnkarnasie of re-inkarnasie
infraäkoesties of infra-akoesties
mokroörganisme of mikro-organisme
psigoörganies of psigo-organies
gastroënteritis of gastro-enteritis
sosioëkonomies of sosio-ekonomies

Let wel:
Hoewel woorde soos koöperasie en koëffisiënt volgens bostaande reël ook met ʼn koppelteken geskryf kan word, moet ʼn koppelteken nie gebruik word indien die betrokke woord in ʼn samestelling voorkom en die gebruik van die koppelteken daartoe lei dat die samestelling verwarrend is of vreemd voorkom nie:
*mielieko-operasie of *nuttigheidsko-effisiënt

*Hierdie inligting is ‘n verkorte weergawe van die inligting soos vervat in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (11de omvattend herbewerkte uitgawe). Skaf gerus dié handleiding aan om seker te maak dat jy alle riglyne kan volg:
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
Koop die boek nou by Graffiti Boeke 
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsa ·

Redaksie van veral Beeld en Rapport moet dit aanskaf. Ongelooflike baie spelfoute in hierdie 2 koerante…..

Sophia ·

Ja Elsa en Die Burger kan dit ook maar aanskaf – hulle sal dit nuttig kan gebruik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.