Taalgebruik: desnieteenstaande, ondanks

Argieffoto (Foto: ErikaWittlieb, Pixabay)

Argieffoto (Foto: ErikaWittlieb, Pixabay)

Desnieteenstaande/desondanks het betrekking op iets wat vooraf gesê is: Desnieteenstaande/desondanks (bv. die oorstromings) is die waterbeperkings nie opgehef nie.

Nieteenstaande/ondanks is sinoniem met in weerwil van en ten spyte van en word deur ʼn voorwerp gevolg: Nieteenstaande/ondanks die waarskuwing het hulle in die onstuimige see gaan swem.

Ongeag beteken “sonder inagneming van” of “wat ook al”: Die polisie het gesê hulle sal die mense se regte beskerm ongeag hul politieke affiliasie.

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet ·

Dankie vir die nuttige inligting. Maroela moet dalk ‘n databasis bskikbaar stel met die lys terme wat al bespreek is sodat mens dit in die toekoms maklik kan nagaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.