Taalgebruik: dis, gereg

Argieffoto (Foto: My Luu/Pixabay)

Die selfstandige naamwoord dis beteken tafel (bv. feesdis), maar word al hoe meer gebruik as sinoniem van onder meer gereg, en dit word berei [NIE: voorberei] en daarna voorgesit, opgedien of opgeskep [EERDER AS: bedien]; die gaste word bedien.

  • dish out
  • dish it out straf of kritiek uitdeel, kritiseer of kritiek uitspreek.
  • dish up (figuurlik) stories opdis

dis
1 gedeelte van ʼn maaltyd; gereg: ʼn eksotiese dis • pastadisse • Dis ʼn heerlike dis!
2 (verouderd) maaltyd.
3 (verouderd) eettafel; etenstafel, veral ʼn Nagmaalstafel: By die dis aansit.

gereg
kos wat op ʼn bepaalde manier berei is, gewoonlik as een van die aparte dele van ʼn maaltyd: ʼn maaltyd wat uit drie geregte bestaan • ʼn braaigereg/visgereg/nagereg/voorgereg.

Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.