ʼn Dubbelpunt word voor ʼn reeks items geplaas indien die inleidende sin ʼn volsin is. ʼn Dubbelpunt word nie gebruik voor die items indien die reeks deel van die volsin is nie.
Jy moet die volgende saambring: ʼn hoed, ʼn waterdigte jas, serpe, ʼn mus, handskoene, goed ingetrapte stewels met dik sole, en ʼn verkyker.
Daar was verteenwoordigers van Zimbabwe, Mosambiek, Madagaskar, Malawi, Botswana, Namibië en Suid-Afrika by die vergadering.
*Hierdie inligting is ‘n verkorte weergawe van die inligting soos vervat in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (11de omvattend herbewerkte uitgawe). Skaf gerus dié handleiding aan om seker te maak dat jy alle riglyne kan volg:
Uitgewer: Pharos
Prys: R450-00*
Koop die boek nou by Graffiti Boeke
*Prys onderhewig aan verandering