Taalgebruik: dwarsoor, regoor

Argieffoto

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die verskil tussen reg oor, regoor en dwarsoor. Iemand sal byvoorbeeld regoor gebruik wanneer hulle eintlik reg oor of dwarsoor bedoel.

Regoor beteken “direk oorkant”, “presies teenoor”: Die vriende bewoon huise regoor mekaar. Hy sit daar regoor ons na ons en kyk.

Reg oor is die korrekte spelling wanneer jy dit gebruik in die betekenis oor ʼn groot gebied (d.w.s. dwarsoor): Dit het reg oor die land goed gereën. Mense van reg oor die land het gehelp om die dorp weer op die been te bring.

Jy kan dus skryf “dit het oor die land heen goed gereën”, of “dit het dwarsoor die land goed gereën”.

Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z, Handwoordeboek van die Afrikaanse taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.