Taalgebruik: e-pos, epos

Argieffoto (Foto: terimakasih0, Pixabay)

Argieffoto (Foto: terimakasih0, Pixabay)

Woord:
epos

Betekenis:
Verhalende gedig waarin heldedade breedvoerig beskryf word; heldedig soos die Ilias en die Odussee van Homeros: ʼn Voorbeeld van ʼn moderne epos is DJ Opperman se “Joernaal van Jorik”

Waar kom dit vandaan?
Uit Grieks epos “lied”, “woord”

 

Woord:
e-pos

Betekenis:
Briefwisseling met behulp van die internet; die stuur en aflewering van dokumente/foto’s/sketse/ens. in elektroniese formaat van een rekenaar na ʼn ander of verskeie ander: iets per e-pos aan/vir iemand stuur. Sjoe, ek het vandag baie e-pos gekry. Ek het twee e-posse van jou ontvang; wat van die derde een geword het, weet ek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Piet Snot ·

Ek ken die korrekte gebruik van “epos” lankal. Maar ek skryf e-pos vd begin sonder koppelteken.
As ons Pendoring se gedagte “Afrikaans is my meisie, sy’s vinnig en veerkragtig, nie ‘n ou soustannie nie” wil navolg, moet ons aanpas.

Disselboom ·

Disselboom voeg hom hierby. Gee volkspele ‘n slag bietjie ritme en laat jeans toe, en kyk watter lekker dansgeselligheid vandag daarvan gemaak kan word.

Die puriste moet besef dat taal verander, en dat die e-lektroniese tegnologie lankal nie meer nuut of ekstra is nie, en dus elektroniese tegnologie is en daarom onnodig om met ‘n koppelteken in epos aan te karring.

Jammer mense, julle klassieke eposse kan steeds so genoem word, maar ons het die woord nou (ook) nodig vir iets wat ons viets en flink in Afrikaans elke dag gebruik.

Piet Snot ·

Disselboom, “dansgeselligheid” = “jol”.
Myne is korter as joune.

Frans C ·

Afrikaans kort en kragtig.Stuur jy ‘n epos na my om my van jou epos te vertel- of e-pos jy my om my meer van jou epos te vertel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.