Gebruikers van Afrikaans struikel soms met die gebruik van die uitdrukking “om verskoning vra”, en skryf soms “onverskoning”. Taaltoffie stel ondersoek in.
REG: Jy vra iemand (om) verskoning vir jou gedrag
VERKEERD: Jy vra iemand onverskoning
ekskuus Hy het (groot) ekskuus gevra, of het allerhande ekskuse/verskonings om hom te verontskuldig
Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering
Wat is die korekte spelling van waardeer. Soos ek waardeer /wardeer jou? Ek wonder elke keer as ek die word gebruik wat is die regte manier van spel. Dankie, groete Genevieve
Oh ja, die wroeging waardeur my siel gaan wanneer dit verkeerd gebruik word….ek sal dit waardeer as mense dit ook onder die knie(ASB nie knieg) kry